Location via proxy:   [ UP ]  
[Report a bug]   [Manage cookies]                

Yul Brynner

Weergawe deur RedBot (besprekings | bydraes) op 16:23, 2 Augustus 2012 (r2.7.2) (robot Bygevoeg: hy:Յուլ Բրիններ)

Yul Brynner, gebore as Joeli Borisowitsj Brynner (Russies: Юлий Борисович Бринер) (11 Julie 1920 – 10 Oktober 1985),[1] was ’n Russies-gebore verhoog- en rolprentakteur. Hy was die bekendste vir die rol van Mongkut, koning van Siam, in die Rodgers & Hammerstein-nusiekblyspel The King and I, van Rameses II in the 1956-prent The Ten Commandments en van Chris Adams in The Magnificent Seven.

Yul Brynner in ’n toneel uit The Ten Commandments.

Brynner is in Wladiwostok in die Russiese Verre-Ooste gebore. Sy pa, Boris, was ’n myningenieur wie se pa Switsers en ma deels van Boerjaatse afkoms was.[2] Brynner se ma, Maria Dimitrijewna Blagowidowa, het gestudeer om ’n aktrise en sangeres te word.[2]

Brynner het sy agtergrond oordryf en vir die pers vertel hy is op die eiland Sachalin as Taidje Khan gebore en was deels van Mongoolse afkoms. Hy het dikwels ook na homself as Julius Briner verwys.[1]

Filmografie

Van sy bekendste rolprente was:

  • Port of New York (1949)
  • The King and I (1956)
  • The Ten Commandments (1956)
  • Anastasia (1956)
  • The Brothers Karamazov (1958)
  • The Buccaneer (1958)
  • The Sound and the Fury (1959)
  • Solomon and Sheba (1959)
  • Once More, with Feeling! (1960)
  • Testament of Orpheus (1960)
  • The Magnificent Seven (1960)
  • Taras Bulba (1962)
  • Flight from Ashiya (1964)
  • Cast a Giant Shadow (1966)
  • Return of the Seven (1966)
  • The Long Duel (1967)
  • Battle of Neretva (1969)
  • Night Flight from Moscow (1973)

Verwysings

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel [1]
  1. 1,0 1,1 Record of Yul Brynner, #108-18-2984. Social Security Administration. Social Security Death Index (Death Master File). Provo, Utah: MyFamily.com, Inc., 2006.
  2. 2,0 2,1 Brynner, Rock (2006). Empire & odyssey: the Brynners in Far East Russia and beyond. Steerforth Press. pp. 20–30, 80–82. ISBN1586421026. {{cite book}}: Cite has empty unknown parameters: |coauthors= en |month= (hulp)

Eksterne skakel