22 November
datum
<< | November 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
Al die dae |
22 November is die 326ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (327ste in skrikkeljare). Daar volg nog 39 dae in die res van die jaar.
Gebeure
wysig- 498 – Pous Simmachus volg Pous Anastasius II.
- 498 – Teenpous Laurentius word verkies.
- 545 – Pous Vigilius vertrek na Konstantinopel.
- 1184 – Pous Lucius III stel die Cisterciënser monnike vry van belasting.
- 1220 – Pous Honorius III kroon Frederik II tot keiser van die Heilige Romeinse Ryk.
- 1307 – Pous Clemens V laat alle Tempeliers in Europa arresteer.
- 1718 – Die Engelse seerower Edward Teach (beter bekend as Blackbeard) sterf aan die kus van Noord-Carolina in 'n seeslag met die Britse skip HMS Pearl.
- 1720 – Lorenzo Corsini (later Pous Clemens XII) word prefek van die Tribunaal van die Apostoliese Signatura.
- 1899 – Anglo-Boereoorlog: die tweedaagse Slag van Willow Grange vind in Natal plaas.
- 1900 – Pres. Paul Kruger kom aan boord van die Gelderland in Marseille, Frankryk, aan.
- 1975 – Juan Carlos word koning van Spanje ná die afsterwe van Francisco Franco.
- 2001 – Die Afrikaanse Wikipedia word opgerig.
- 2003 – Engeland klop Australië in die eindstryd met 20–17 en wen sodoende die vyfde Rugbywêreldbeker in Australië.
Geboortes
wysig- 1579 – Johannes Stalpaert van der Wiele, Nederlandse priester, skrywer en digter († 1630)
- 1709 – Franz Benda, violis en komponis van Boheme († 1786)
- 1710 – Wilhelm Friedemann Bach, Duitse komponis († 1784).
- 1812 – Jan Renier Snieders, Vlaamse skrywer en broer van August Snieders († 1888).
- 1819 – George Eliot (pennaam van Mary Anne Evans), Engelse skrywer, joernalis en vertaler († 1880).
- 1890 – Charles de Gaulle, Franse militêre generaal en staatsman († 1970).
- 1891 – Edward Bernays, Amerikaanse teoretikus, beskou as 'n pionier op die gebied van openbare betrekkinge en propaganda. († 1995).
- 1901 – Joaquín Rodrigo, Spaanse komponis († 1999).
- 1930 – Owen K. Garriott, Amerikaanse ingenieur en ruimtevaarder († 2019).
- 1957 – Alan Stern, Amerikaanse planetêre wetenskaplike en deel van die New Horizons-projek.
- 1961 – Stephen Hough, Britsgebore Australiese klassieke pianis, komponis en skrywer.
- 1984 – Scarlett Johansson, Amerikaanse aktrise.
- 1986 – Oscar Pistorius, Suid-Afrikaanse paralimpiese atleet, veroordeelde moordenaar.
- 1996 – Madison Davenport, Amerikaanse aktrise.
- 2000 – Auliʻi Cravalho, Amerikaanse rolprentaktrise.
Sterftes
wysig- 365 – Teenpous Felix II (* onbekend).
- 1617 – Ahmet I, sultan van die Ottomaanse Ryk (* 1590).
- 1718 – Edward Teach, ook bekend as Swartbaard, Engelse seerower (* 1680)
- 1907 – Asaph Hall, Amerikaanse sterrekundige en ontdekker van Fobos en Deimos (* 1829).
- 1924 – Herman Heijermans, Nederlandse skrywer (* 1864).
- 1963 – John F. Kennedy, 35ste President van die Verenigde State (* 1917).
- 1963 – C.S. Lewis, Britse skrywer (* 1898).
- 1963 – Aldous Huxley, Engels-Amerikaanse skrywer en digter (* 1917).
- 1980 – Mae West, Amerikaanse aktrise en draaiboekskrywer (* 1893).
- 1988 – Raymond Dart, Australies-gebore Suid-Afrikaanse professor en een van die wêreld se voorste antropoloë (* 1893).
- 1989 – Lt-genl Nicolaas Johan Nieuwoudt, geneesheer-generaal en bevelvoerder van die Suid-Afrikaanse Geneeskundige Diens van 1977–1988 (* 1929).
- 1993 – Anthony Burgess, Britse skrywer (* 1917).
- 1997 – Michael Hutchence, Australiese sanger (* 1960).
- 1998 – Harlan Parker Banks, Amerikaanse paleobotanis (* 1913).
- 2007 – Maurice Béjart, Franse choreograaf (* 1927).
- 2015 – Kim Young-sam, Suid-Koreaanse politikus en sewende president van dié land (* 1927).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met 22 November. |