24 Februarie
datum
<< | Februarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | ||
Al die dae |
24 Februarie is die 55ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 310 dae in die res van die jaar (311 in skrikkeljare).
Gebeure
wysig- 303 – Romeinse keiser Galerius begin die vervolging van die Christene.
- 1303 – In die veldslag van Roslin tydens die Skotse onafhanklikheidsoorloë word die Engelse weermag deur die Skotte oorwin
- 1386 – Koning Karel II van Ongarye (ook Koning Karel III van Neapel) word in Visegrad deur adellikes vermooor.
- 1389 – Die troepe van die Deens-Noorweegse koningin Margarethe I oorwin in die veldslag van Asle die weermag van koning Albrecht von Mecklenburg. Die koning word gevange geneem en eers ses jaar later vrygelaat nadat hy afstand doen van sy aanspraak op die troon.
- 1510 – Pous Julius II hef die interdik op teen die Republiek van Venesiëe, wat hy uitgevaardig het op 27 April 1509. Die oorlog van die Liga van Cambrai teen Venisië word daarmee beëindig. Frankryk word in die ban geplaas.
- 1510 – Pous Julius II hef die interdik teen Venesië op en plaas Frankryk in die ban.
- 1525 – Slag van Pavia: Die weermag van die Rooms-Duitse Koning Karel V onder die bevel van Georg von Frundsberg seëvier teen die weermag van die Franse koning Frans I wat ook gevange geneem word.
- 1527 – Ferdinand I van Habsburg word as opvolger van die Jagiellone tot koning van Bohemië gekroon.
- 1530 – Pous Clemens VII kroon keiser Karel V, die laaste Keiser van die Heilige Romeinse ryk in Bologna.
- 1582 – Pous Gregorius XIII vaardig die papal bull Inter gravissimas uit om die Gregoriaanse kalender te promulgeer, ’n aanpassing van die Juliaanse kalender in gebruik sedert 45 v.C.
- 1671 – Vincenzo Maria Orsini (voorheen Pietro Francesco Orsini en later Pous Benedictus XIII) word priester gewy.
- 1753 – Pous Benedictus XIV verklaar Joseph (Giuseppi) van Cupertino salig.
- 1848 – Louis-Philippe, die Orléanis Koning van die Franse, abdikeer en vlug na Engeland.
- 1851 – Die NG gemeente Fraserburg gestig op die plaas Ayesfontein in die Wes-Nuwelveld-wyk van die NG gemeente Beaufort-Wes.
- 1894 – Olive Schreiner trou met Samuel Cronwright, haar latere biograaf, op Middelburg, Kaap.
- 1946 – Kolonel Juan Perón word vir sy eerste termyn as President van Argentinië verkies.
- 2013 – Graeme Smith word die eerste kriekettoetskaptein wat 50 toetsseges behaal.
- 2022 – Rusland begin 'n grootskaalse inval in Oekraïne.
Geboortes
wysig- 1103 – Toba, 74ste Tennō van Japan.
- 1304 – Ibn Battuta, Arabiese ontdekkingsreisiger.
- 1500 – Karel V, Keiser van die Heilige Romeinse ryk.
- 1536 – Ippolito Aldobrandini (later Pous Clemens VIII), die 231ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1605).
- 1547 – Juan de Austria, bevelvoerder van die Spaanse vloot, en die Goewerneur van die Habsburgse Nederland, die seun van Karel V.
- 1557 – Matthias, die Heilige Romeinse keiser, aartshertog van Oostenryk.
- 1704 – Johann Hieronymus Kniphof, Duitse geneesheer en plantkundige († 1763).
- 1815 – Henry Barkly, goewerneur van verskeie Britse kolonies, waaronder die Kaapkolonie († 1898).
- 1879 – Herman Teirlinck, Vlaamse skrywer.
- 1885 – Chester W. Nimitz, vlootadmiraal in die Amerikaanse Vloot († 1966).
- 1890 – Marjorie Main, Amerikaanse aktrise († 1975).
- 1919 – S.J.A. de Villiers, skrywer van die bekendste kookboek in Suid-Afrika, Kook en Geniet († 2010).
- 1948 – Dennis Waterman, Engelse akteur († 2022).
- 1955 – Steve Jobs, Amerikaanse sakeman en medestigter van Apple Inc. († 2011).
- 1971 – Pedro de la Rosa, Spaanse Formule Een-renjaer.
- 1976 – Yuval Noah Harari Israeli geskiedkundige en skrywer.
- 1980 – Janko de Beer Suid-Afrikaanse visuele kunstenaar, advokaat en natuurbewaarder.
- 1981 – Jean de Villiers, Suid-Afrika se vier-en-vyftigste Springbokkaptein.
- 1994 – Kang Seul-gi, Koreaanse popsangeres.
Sterftes
wysig- 1815 – Robert Fulton, Amerikaanse skilder, ingenieur en uitvinder (* 1765).
- 1944 – Paul Charles Édouard Bertrand, Franse paleobotanis (* 1879).
- 1953 – Gerd von Rundstedt, Nazi-Duitse veldmaarskalk tydens die Tweede Wêreldoorlog (* 1875).
- 1990 – Johnnie Ray, Amerikaanse akteur (* 1927).
- 1994 – Dinah Shore, Amerikaanse sangeres (* 1916).
- 2001 – Claude Shannon, Amerikaanse wiskundige en kriptograaf (* 1916).
- 2016 – Leon Rousseau, Afrikaanse skrywer en uitgewer (* 1931).
- 2018 – Sridevi, Indiese aktrise (* 1963).
- 2020 – Katherine Johnson, Amerikaanse wiskundige en wentelbaanmeganika-kenner by NASA (* 1918).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met 24 February. |