9 Julie
datum
<< | Julie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
9 Julie is die 190ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (191ste in skrikkeljare). Daar volg nog 175 dae in die res van die jaar.
Gebeure
wysig- 926 – Pous Johannes X sluit in Mantua 'n verbond met Hugo van die Provence, koning van Italië.
- 1386 – Veldslag van Sempbach: 1500 man van die Switserse Bondgenootskap vernietig die Oostenrykse aanvalsmag van 6000 man onder hertog Leopold van Habsburg (Oostenryk). Hertog Leopold sterf op die slagveld.
- 1606 – Pous Paulus V skryf 'n brief aan koning Jakobus I van Engeland om hom geluk te wens met troonsbestyging (drie jaar later).
- 1753 – Pous Benedictus XIV publiseer Sollicita ac provida oor die herorganisasie van die Indeks van Verbode Boeke.
- 1915 – Eerste Wêreldoorlog: die Duitse magte gee in Duits-Suidwes-Afrika hulle op Khorab oor aan Suid-Afrikaanse soldate onder genl. Louis Botha.
- 1916 – Die Suid-Amerikaanse Sokkerassosiasie word in Buenos Aires, Argentinië, deur vier lande gestig.
- 1942 – Tweede Wêreldoorlog: Holocaust - Anne Frank se gesin begin skuil in 'n solder bo haar vader se kantoor in 'n Amsterdamse pakhuis.
- 1943 – Tweede Wêreldoorlog: Geallieerde valskermstroepe land in Sisilië en Operasie Husky begin.
- 1962 – Die Starfish Prime-kernontploffing in die ruimte vind plaas.
- 1991 – Suid-Afrika word tot die Olimpiese beweging hertoegelaat ná 30 jaar in isolasie.
- 2002 – Stigting van die Afrika-unie, die opvolger van die Organisasie vir Afrika-eenheid, in Lusaka.
- 2011 – Suid-Soedan verklaar onafhanklikheid van Soedan.
Geboortes
wysig- 1785 – Johannes Smuts, 'n staatsamptenaar, sakeman en die tweede burgemeester van Kaapstad († 1869).
- 1834 – Sir Thomas Scanlen, eerste minister van die Kaapkolonie († 1912).
- 1898 – Gerard Walschap, Vlaamse skrywer († 1989).
- 1901 – Barbara Cartland, Britse skryfster († 2000).
- 1910 – Govan Mbeki, Suid-Afrikaanse politikus en vader van Thabo Mbeki († 2001).
- 1932 – John Anthony West, Amerikaanse skrywer, dosent en geologiegids († 2018).
- 1932 – Donald Rumsfeld, 'n Amerikaanse politikus en sakeman († 2021).
- 1933 – Oliver Sacks, Britse neuroloog en skrywer († 2015).
- 1942 – Richard Roundtree, Amerikaanse akteur († 2023).
- 1947 – O.J. Simpson ("The Juice"), afgetrede Amerikaanse voetbalspeler, akteur en misdadiger († 2024).
- 1948 – Jeanne Zaidel-Rudolph, Suid-Afrikaanse komponis.
- 1956 – Tom Hanks, Amerikaanse akteur.
- 1957 – Kelly McGillis, Amerikaanse filmaktrise en -vervaardiger.
- 1959 – Bart de Graaff, Nederlandse skrywer († 2024).
- 1969 – Gert-Jan Segers, Nederlandse politikus.
- 1995 – Georgie Henley, Engelse aktrise.
- 1997 – Tatjana Schoenmaker, Suid-Afrikaanse vroueswemmer.
Sterftes
wysig- 518 – Anastasius I, keiser van Bisantium (* 430).
- 1627 – Dirk Rafaelsz Camphuysen, Nederlandse skilder, digter en teoloog (* 1586)
- 1797 – Edmund Burke, Ierse filosoof en politikus (* 1729)
- 1850 – Zachary Taylor, die twaalfde President van die Verenigde State (* 1784).
- 1959 – T.P.N. Coetsee, Suid-Afrikaanse politikus en merinoteler (* 1874).
- 1984 – Arthur Bleksley, Suid-Afrikaanse wetenskaplike (* 1908).
- 2002 – Rod Steiger, Amerikaanse akteur (* 1925).
- 2019 – Ross Perot, Amerikaanse sakeman, politikus en miljardnêr (* 1930).
- 2021 – Geoff Makhubo, Suid-Afrikaanse politikus en burgemeester van die Johannesburg Metro (* 1968).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met 9 July. |