Location via proxy:   [ UP ]  
[Report a bug]   [Manage cookies]                

Die Baltiese tale is 'n subgroep van die Indo-Europese taalfamilie wat deur Baltiese volke in Noordoos-Europa gepraat word.

Baltiese tale
Geografiese
verspreiding:
Baltiese lande
Genetiese
klassifikasie
:
Indo-Europees
 Baltiese tale
Onderafdelings:

Die geografiese verspreiding van Baltiese tale

Indo-Europese tale
Indo-Europese tale
Albanees | Anatolies
Armeens | Balties | Kelties
Germaans | Grieks | Indo-Irannees
Italies | Slawies | Togaars
Proto-Indo-Europees
Taal | Vereniging | Geloof
Kurgan | Yamna | BMAC | Ariaans
Indo-Europese studies

Groepe

wysig
 
Stamboom van Balto-Slawiese tale

Die Baltiese tale word in twee hoofgroepe verdeel:

  • die Oos- of Sentraal-Baltiese tale met Litaus, Lets, die Lets-Koerse dialek van die Koerse Skoorwal, Selonies, Semigallies en Samogities;
  • die Wes-Baltiese tale met Oudpruisies, Jatwingies, Galindies, Dniëpr-Balties en Sudowies.

Taalkundiges verskil nog oor die klassifisering van Koers; volgens 'n omstrede hipotese was dit oorspronklik 'n Wes-Baltiese taal wat onder sterk invloed van Oos-Baltiese tale gekom het en uiteindelik baie kenmerke met hulle gedeel het. Ander wetenskaplikes verwerp die konsep van Oos- en Wes-Baltiese subgroepe heeltemal.

Met die uitsondering van Litaus en Lets het alle Baltiese tale gedurende die 16de en 17de eeu uitgesterf. Tans word daar egter pogings onderneem om Oud-Pruisies te rekonstrueer en as gesproke taal te laat herleef. Die Lets-Koerse dialek op die Koerse Skoorwal word tans deur minder as tien mense as moedertaal gepraat en word met uitsterwing bedreig.

Die twee ander belangrike tale, wat in die Baltiese lande gepraat word (Estnies en Lyfs), maak as Fins-Oegriese tale nie deel uit van die Baltiese taalfamilie nie.

Eksterne skakels

wysig
  •   Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Baltiese tale.
  • (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Baltic". Ethnologue. Besoek op 30 Maart 2018.
  • (en) "Baltic languages". Encyclopædia Britannica. Besoek op 30 Maart 2018.