Betty Ford
Elizabeth Ann Bloomer Warren Ford (* 8 April 1918 in Chicago, Illinois; † 8 Julie 2011 in Rancho Mirage, Kalifornië), beter bekend as Betty Ford, was die eggenote van die voormalige Amerikaanse president Gerald Ford en het tussen 1974 en 1977 as die Verenigde State se Eerste Dame gefungeer. As Eerste Dame was Betty Ford aktief betrokke by die Verenigde State se sosiale beleid.
Betty Ford | |
Betty Ford. Amptelike foto van die Withuis, 1974 | |
Eerste Dame van die Verenigde State van Amerika
| |
Ampstermyn 9 Augustus 1974 – 20 Januarie 1977 | |
President | Gerald Ford |
---|---|
Voorafgegaan deur | Pat Nixon |
Opgevolg deur | Rosalynn Carter |
Tweede Dame van die Verenigde State van Amerika
| |
Ampstermyn 6 Desember 1973 – 9 Augustus 1974 | |
President | Richard Nixon |
Voorafgegaan deur | Judy Agnew |
Opgevolg deur | Happy Rockefeller |
Voorsitter van die Betty Ford Sentrum
| |
Ampstermyn 1982 – 2005 | |
Voorafgegaan deur | Nuwe amp |
Opgevolg deur | Susan Ford |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Elizabeth Ann Bloomer 8 April 1918 Chicago, Illinois |
Sterf | 8 Julie 2011 Rancho Mirage, Kalifornië |
Politieke party | Republikeinse Party |
Eggenoot/-note | William G. Warren (1942–1947, geskei) Gerald Ford (1948–2006, sy dood) |
Kind(ers) | Michael Gerald Ford (* 1950) John "Jack" Gardner Ford (* 1952) Steven Meigs Ford (* 1956) Susan Elizabeth Ford (* 1957) |
Alma mater | Wellesley College Yale University |
Religie | Episkopalies |
Handtekening |
Gedurende haar man se ampstermyn het sy steeds wye steun van die publiek geniet, ongeag die kritiek wat deur sommige meer behoudende Republikeine op haar meer gematigde en liberale standpunte oor sosiale vraagstukke gelewer is. Betty Ford het groot opspraak gemaak toe sy in 1974 'n mastektomie ondergaan het en die publiek bewus gemaak het van die belangrikheid van vroeë opsporing van borskanker.
Sy was 'n hartstogtelike ondersteuner en aktivis van die Equal Rights Amendment (ERA) waardeur gelyke regte vir vroue in die Amerikaanse grondwet verskans sou word. In die aborsie-kwessie het sy vrye keuse voorgestaan en as een van die leiers van die vrouebeweging was sy openhartig en uitgesproke genoeg om kommentaar op enige brandende kwessie te lewer, waaronder feminisme, gelyke betaling vir gelyke werk, die ERA en gelyke regte vir vroue, geslagsomgang, dwelmmiddels, aborsie en wapenbeheer. Toe sy die publiek oor haar eie langdurige stryd teen drank- en medisynemisbruik gedurende die 1970's ingelig het, het sy die aandag op dié kwessie gevestig.
Ook ná haar tyd in die Withuis het sy haar ten gunste van die ERA uitgespreek en was sy ook aktief by die vrouebeweging betrokke. Sy is die stigter van die "Betty Ford-sentrum vir dwelmmisbruik en -verslawing" en het as dié sentrum se eerste vroulike voorsitter gefungeer. Saam met haar eggenoot Gerald Ford het sy op 21 Oktober 1998 die Amerikaanse Kongres se Goudmedalje ontvang en is in 1991 deur die destydse president George H.W. Bush met die Presidensiële Vryheidsmedalje vereer.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Betty Ford.