Brahma
Brahma (Sanskrit: ब्रह्मा brahmā) is die Hindoegod (of deva) van die skepping. Hy is saam met Vishnu en Shiva een van die drie hoofgode van die Hindoegeloof (die sogenaamde Trimurti of drie-eenheid). Brahma se metgesel is Saraswati, die godin van lering. Brahma word ook dikwels met Prayapati, 'n Vediese godheid, vereenselwig.[1]
Brahma | |
---|---|
'n Brahmabeeld by 'n tempel in Halebidoe | |
Devanagari | ब्रह्मा |
Affiliasie | Deva, Trimurti |
Woonplek | Brahmapura |
Metgesel | Saraswati en Ghayatri |
Rydier | Swaan |
Volgens Hindoetradisie het Brahma vyf koppe gehad. Die mitologiese verhaal meld dat Shiva een van Brahma se koppe afgesny het. Die vier koppe van Brahma verteenwoordig talle aspekte van Hindoeïsme, soos die vier Vedas, of heilige Hindoegeskrifte. Dit verteenwoordig ook die vier siklusse van tyd in Hindoeïsme, die yugas, asook die vier indelings van die Hindoesamelewing, die vier varnas.
Brahma moenie verwar word nie met die opperste Kosmiese Gees in die Hindoe-Veda-filosofie, wat as Brahman bekendstaan.
Verwysings
wysig- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Brahma.