Britse Leër
Onderdeel van | British Armed Forces |
---|---|
Datum van stigting of ontstaan | 1707 |
Inheemse etiket | British Army |
Konflik | Eerste Wêreldoorlog, Tweede Wêreldoorlog, Falklandoorlog, oorlog in Afghanistan |
Land | Koninkryk van Groot-Brittanje, Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland, Verenigde Koninkryk |
Veld van hierdie beroep | ground warfare |
Ouer organisasie | Ministry of Defence of the United Kingdom, Government of the United Kingdom |
Eienaar van | Aldershot Military Stadium |
Vervang | Engelse Leër |
Amptelike webwerf | https://army.mod.uk |
Beskryf by URL | https://cain.ulster.ac.uk/othelem/organ/borgan.htm |
Geskiedenis van die onderwerp | geskiedenis van die Britse Leër |
Die Britse Leër is die vernaamste landoorlogsmag van die Verenigde Koninkryk, 'n deel van die Britse gewapende magte saam met die Britse Vloot (Royal Navy) en die Britse Lugmag (Royal Air Force). Die Britse leër bestaan tans (2022) uit 82 040 gewone voltydse personeel, 3 960 Gurkhas en 29 740 reserwepersoneel.[1]
Die moderne Britse leër dateer terug na 1707, met voorgangers in die Engelse Leër en Skotse Leër wat tydens die restourasie in 1660 geskep is. Die term British Army is in 1707 aangeneem na die Acts of Union tussen Engeland en Skotland. Lede van die Britse Leër sweer trou aan die monarg as hul opperbevelvoerder,[2] maar die Handves van Regte van 1689 en Claim of Right Act 1689 vereis parlementêre toestemming vir die Kroon om 'n staande leër in vredestyd te handhaaf.[3] Daarom keur die Parlement die weermag goed deur minstens een keer elke vyf jaar ’n Weermagwet aan te neem. Die Weermag word geadministreer deur die Ministerie van Verdediging onder bevel van die Hoof van die Algemene Staf.[4]
Die Britse Leër het optrede in groot oorloë tussen die wêreld se groot moondhede meegemaak, insluitend die Sewejarige Oorlog, die Amerikaanse Onafhanklikheidsoorlog, die Napoleontiese Oorloë, die Krimoorlog en die Eerste en Tweede Wêreldoorloë. Brittanje se oorwinnings in die meeste van hierdie beslissende oorloë het dit toegelaat om wêreldgebeure te beïnvloed en as een van die wêreld se voorste militêre en ekonomiese moondhede te vestig.
Sedert die einde van die Koue Oorlog is die Britse Leër na 'n aantal konfliksones ontplooi, dikwels as deel van 'n ekspedisiemag, 'n koalisiemag of deel van 'n Verenigde Nasies vredesoperasie.[5]
Verwysings
wysig- ↑ "Quarterly service personnel statistics 1 October 2021". GOV.UK (in Engels). Besoek op 13 Februarie 2022.
- ↑ "Commanding Officers Guide. Manual of Service Law (JSP 830, Volume 1, Chapter 18)" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 8 Oktober 2015.
- ↑ "Bill of Rights 1689". UK Parliament. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Maart 2017. Besoek op 9 Maart 2017.
- ↑ cgsmediacomma-amc-dig-shared@mod.uk, The British Army. "The British Army – Higher Command". www.army.mod.uk. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Januarie 2017. Besoek op 9 Maart 2017.
- ↑ cgsmediacomma-amc-dig-shared@mod.uk, The British Army. "The British Army – Operations and Deployments". www.army.mod.uk. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Januarie 2017. Besoek op 9 Maart 2017.