Ebenhaeser
(Aangestuur vanaf Ebenhaezer)
Ebenhaeser of Ebenhaezer is 'n sendingstasie langs die Olifantsrivier, 10 km stroom-af vanaf Koekenaap, in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die stasie is in 1831 deur baron Theobald von Wurmb van die Rynse Sendinggenootskap gestig. Die naam is van Bybelse oorpsrong na aanleiding van 1 Sam. 7:12 (Statebybel): "Samuël nu nam een steen, en stelde dien tussen Mizpa en tussen Sen, en hij noemde diens naam Eben-haezer; en hij zeide: Tot hiertoe heeft de HEERE ons geholpen." In daardie dae was die rivier bevaarbaar vir 50 km tot by die sendingstasie. Die besproeiingskanaal van die Olifantsrivier eindig ook hier. Baie inwoners van die nedersetting voer 'n bestaan uit landbou.
Ebenhaeser | |
---|---|
Dorp | |
Koördinate: 31°35′8″S 18°14′39″O / 31.58556°S 18.24417°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Weskus |
Munisipaliteit | Matzikama |
Oppervlak | |
• Totaal | 0,68 km2 (0,26 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 1 305 |
• Digtheid | 1 919/km2 (4 970/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 0.2% |
• Indiërs/Asiërs | 0.4% |
• Bruin mense | 99.2% |
• Swart mense | 0.3% |
• Ander | 0.3% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 97.5% |
• Engels | 2.0% |
• Tswana | 0.4% |
• Ander | 0.5% |
Sien ook
wysigBron
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Ebenhaeser". Sensus 2011.