FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017
Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 (Russies: Кубок конфедераций 2017, Koebok konfederatsij FIFA 2017; Engels: FIFA Confederations Cup) is van 17 Junie tot 2 Julie 2017 in Rusland aangebied en het vir die gasheer as ’n voorbereiding op die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 gedien. Dit was die vyfde sokker-konfederasiebeker wat onder FIFA se vaandel aangebied is. Die eerste twee toernooie in 1992 en 1995 is onder die naam Koning Fahd-beker aangebied en terugwerkend deur FIFA as Sokker-Konfederasiebekertoernooie erken.
Кубок конфедераций 2017 | |
---|---|
Toernooi-inligting | |
Gasheerland | Rusland |
Datums | 17 Junie – 2 Julie |
Spanne | 8 (van 6 konfederasies) |
Stadions | 4 (in 4 stede) |
Finale uitslag | |
Kampioene | Duitsland (1 titel) |
Tweede plek | Chili |
Derde plek | Portugal |
Vierde plek | Meksiko |
Toernooi-statistieke | |
Wedstryde gespeel | 16 |
Doele | 43 (2.69 per wedstryd) |
Bywoning | 628 304 (39 269 per wedstryd) |
Meeste punte | Leon Goretzka Lars Stindl Timo Werner (3 doele elk) |
Beste speler | Julian Draxler |
← 2013 2021 → |
Soos gebruiklik het die gasheerland, die destydse wêreldkampioen en die kampioene van elk van die ses sokkerbonde deelgeneem. Duitsland het die toernooi gewen nadat hulle Chili met 1–0 in die eindstryd geklop het. Portugal het in die derde en Meksiko in die vierde plek geëindig. Die gasheer Rusland is in die groepfase uitgeskakel.
Dit was die laaste Sokker-Konfederasiebeker wat aangebied is voordat FIFA aangekondig het dat dit dié toernooi nie langer sal aanbied nie en dit deur ’n uitgebreide FIFA-Klubwêreldbeker sal vervang.[1][2]
Stadions
wysigWedstryde is in die volgende stede gespeel:
Sint Petersburg | FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 (Europese Rusland) |
Moskou | |
---|---|---|---|
Krestofskistadion (Sint Petersburg-stadion) |
Otkritije-arena (Spartakstadion) | ||
59°58′22.7″N 30°13′14″O / 59.972972°N 30.22056°O | 55°49′4.3″N 37°26′24.9″O / 55.817861°N 37.440250°O | ||
Kapasiteit: 68 134 | Kapasiteit: 45 360 | ||
Kazan | Sotsji | ||
Kazanarena | Fisht- Olimpiese Stadion (Fishtstadion) | ||
55°49′16″N 49°9′38.9″O / 55.82111°N 49.160806°O | 43°24′7.1″N 39°57′21.5″O / 43.401972°N 39.955972°O | ||
Kapasiteit: 45 379 | Kapasiteit: 47 659 | ||
Deelnemende spanne
wysigSpan | Konfederasie | Kwalifisering | Deelname |
---|---|---|---|
Rusland | UEFA | Gasheer van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 | 1ste |
Duitsland | UEFA | Wenner van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014 | 2de |
Australië | AFC | Wenner van die Asië Nasies-beker in 2015 | 3de |
Chili | CONMEBOL | Wenner van die Copa América in 2015 | 1ste |
Meksiko | CONCACAF | Wenner van die CONCACAF Goue-beker in 2011 | 6de |
Nieu-Seeland | OFC | Wenner van die Oseanië Nasies-beker in 2016 | 3de |
Portugal | UEFA | Wenner van die Europese Sokkerkampioenskap 2016 | 1ste |
Kameroen | CAF | Wenner van die Afrikanasiesbeker in 2017 | 2de |
Wedstrydbal
wysigDie FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 se amptelike wedstrydbal is vervaardig deur Adidas en genoem “Krasawa”,[3] ’n Russiese slengwoord vir “pragtig” of “ontsagwekkend”.
Formaat
wysigDie FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 is oor 16 dae tussen agt verskillende nasies oor 16 wedstryde uitgespeel. Dit het op 17 Junie 2017 op die Sint Petersburg-stadion met ’n wedstryd tussen die gasheer Rusland en Nieu-Seeland afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 2 Julie met die eindstryd tussen Chili en Duitsland, waartydens Duitsland die Sokker-Konfederasiebekertrofee ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die FIFA Sokker-Konfederasiebekertoernooie in 1997, 1999, 2001, 2003, 2005, 2009 en 2013 ingespan.
Kalender
wysigDie volgende tabel dui die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie dui op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n kakie blokkie op beide die bronseindstryd en die eindstryd wat op dieselfde dag beslis is.
|
|
Groepfase
wysigDie FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 is deur agt nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:
- Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
- Een vir ’n gelykop;
- geen vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.
Uitklopfase
wysigVan die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit vier wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die halfeindstryde gespeel met die wenner van Groep A wat teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B wat teen die naaswenner van Groep A gespeel het. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.
Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.
Wedstryde
wysigKwalifiseer vir die uitklopfase. |
Uit die toernooi geskakel. |
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting is op 26 November 2016 in die Tennisakademie in Kazan gehou.
Groepfase
wysigAgt spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep A
wysigLand | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Portugal | 3 | 2 | 1 | 0 | 7 | 2 | +5 | 7 |
Meksiko | 3 | 2 | 1 | 0 | 6 | 4 | +2 | 7 |
Rusland | 3 | 1 | 0 | 2 | 3 | 3 | 0 | 3 |
Nieu-Seeland | 3 | 0 | 0 | 3 | 1 | 8 | –7 | 0 |
17 Junie 2017 18:00 | ||||
Rusland | 2–0 | Nieu-Seeland | Sint Petersburg-stadion, Sint Petersburg Toeskouers: 50 251 Skeidsregter: Wilmar Roldán (Colombia) | |
Boxall 31' (e.d.) Smolof 69' |
Verslag |
18 Junie 2017 18:00 | ||||
Portugal | 2–2 | Meksiko | Kazanarena, Kazan Toeskouers: 34 372 Skeidsregter: Néstor Pitana (Argentinië) | |
Quaresma 34' Soares 86' |
Verslag | 42' Hernández 90+1' Moreno |
21 Junie 2017 18:00 | ||||
Rusland | 0–1 | Portugal | Spartakstadion, Moskou Toeskouers: 42 759 Skeidsregter: Gianluca Rocchi (Italië) | |
Verslag | 8' Ronaldo |
21 Junie 2017 21:00 | ||||
Meksiko | 2–1 | Nieu-Seeland | Fishtstadion, Sotsji Toeskouers: 25 133 Skeidsregter: Bakary Gassama (Gambië) | |
Jiménez 54' Peralta 72' |
Verslag | 42' Wood |
24 Junie 2017 18:00 | ||||
Meksiko | 2–1 | Rusland | Kazanarena, Kazan Toeskouers: 41 585 Skeidsregter: Fahad Al-Mirdasi (Saoedi-Arabië) | |
Araujo 30' Lozano 52' |
Verslag | 25' Samedof |
24 Junie 2017 18:00 | ||||
Nieu-Seeland | 0–4 | Portugal | Sint Petersburg-stadion, Sint Petersburg Toeskouers: 56 290 Skeidsregter: Mark Geiger (VSA) | |
Verslag | 33' (straf) Ronaldo 37' B. Silva 80' A. Silva 90+1' Nani |
Groep B
wysigLand | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Duitsland | 3 | 2 | 1 | 0 | 7 | 4 | +3 | 7 |
Chili | 3 | 1 | 2 | 0 | 4 | 2 | +2 | 5 |
Australië | 3 | 0 | 2 | 1 | 4 | 5 | –1 | 2 |
Kameroen | 3 | 0 | 1 | 2 | 2 | 6 | –4 | 1 |
18 Junie 2017 21:00 | ||||
Kameroen | 0–2 | Chili | Spartakstadion, Moskou Toeskouers: 33 492 Skeidsregter: Damir Skomina (Slowenië) | |
Verslag | 81' Vidal 90+1' Vargas |
19 Junie 2017 18:00 | ||||
Australië | 2–3 | Duitsland | Fishtstadion, Sotsji Toeskouers: 28 605 Skeidsregter: Mark Geiger (VSA) | |
Rogic 41' Juric 56' |
Verslag | 5' Stindl 44' (straf) Draxler 48' Goretzka |
22 Junie 2017 18:00 | ||||
Kameroen | 1–1 | Australië | Sint Petersburg-stadion, Sint Petersburg Toeskouers: 35 021 Skeidsregter: Milorad Mažić (Serwië) | |
Zambo Anguissa 45+1' | Verslag | 60' (straf) Milligan |
22 Junie 2017 21:00 | ||||
Duitsland | 1–1 | Chili | Kazanarena, Kazan Toeskouers: 38 222 Skeidsregter: Alireza Faghani (Iran) | |
Stindl 41' | Verslag | 6' Sánchez |
25 Junie 2017 18:00 | ||||
Duitsland | 3–1 | Kameroen | Fishtstadion, Sotsji Toeskouers: 30 230 Skeidsregter: Wilmar Roldán (Colombia) | |
Demirbay 48' Werner 66', 81' |
Verslag | 78' Aboubakar |
25 Junie 2017 18:00 | ||||
Chili | 1–1 | Australië | Spartakstadion, Moskou Toeskouers: 33 639 Skeidsregter: Gianluca Rocchi (Italië) | |
Rodríguez 67' | Verslag | 42' Troisi |
Uitklopfase
wysigHalfeindrondte | Eindrondte | ||||||
28 Junie – Kazan | |||||||
Portugal | 0 (0) |
||||||
Chili | 0 (3) |
||||||
2 Julie – Sint Petersburg | |||||||
Chili | 0 | ||||||
Duitsland | 1 | ||||||
Derde plek | |||||||
29 Junie – Sotsji | 2 Julie – Moskou | ||||||
Duitsland | 4 | Portugal | 2 | ||||
Meksiko | 1 | Meksiko | 1 |
Halfeindrondte
wysig28 Junie 2017 21:00 | ||||
Portugal | 0–0 (e.t.) | Chili | Kazanarena, Kazan Toeskouers: 40 855 Skeidsregter: Alireza Faghani (Iran) | |
Quaresma Moutinho Nani |
Verslag Strafskoppe 0–3 |
Vidal Aránguiz Sánchez |
29 Junie 2017 21:00 | ||||
Duitsland | 4–1 | Meksiko | Fishtstadion, Sotsji Toeskouers: 37 923 Skeidsregter: Néstor Pitana (Argentinië) | |
Goretzka 6', 8' Werner 59' Younes 90+1' |
Verslag | 89' Fabián |
Klein finale (om die derde plek)
wysig2 Julie 2017 15:00 | ||||
Portugal | 2–1 (e.t.) | Meksiko | Spartakstadion, Moskou Toeskouers: 42 659 Skeidsregter: Fahad Al-Mirdasi (Saoedi-Arabië) | |
Pepe 90+1' Adrien 104' (straf) |
Verslag | 54' (e.d.) Neto |
Eindstryd
wysig2 Julie 2017 21:00 | ||||
Chili | 0–1 | Duitsland | Sint Petersburg-stadion, Sint Petersburg Toeskouers: 57 268 Skeidsregter: Milorad Mažić (Serwië) | |
Verslag | 20' Stindl |
Sokker-Konfederasiebekerkampioen 2017 |
---|
Duitsland |
FIFA se terugwerkende ranglys
wysigIn 2017 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Konfederasiebeker insluitende die destydse FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[4] Die ranglys vir die 2017-toernooi is soos gevolg:
Rang | Span | Groep | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
1 | Duitsland | B | 5 | 4 | 1 | 0 | 12 | 5 | +7 | 13 |
2 | Chili | B | 5 | 1 | 3 | 1 | 4 | 3 | +1 | 6 |
3 | Portugal | A | 5 | 3 | 2 | 0 | 9 | 3 | +6 | 11 |
4 | Meksiko | A | 5 | 2 | 1 | 2 | 8 | 10 | –2 | 7 |
In die groepfase uitgeskakel | ||||||||||
5 | Rusland | A | 3 | 1 | 0 | 2 | 3 | 3 | ±3 | 3 |
6 | Australië | B | 3 | 0 | 2 | 1 | 4 | 5 | –1 | 2 |
7 | Kameroen | B | 3 | 0 | 1 | 2 | 2 | 6 | −4 | 1 |
8 | Nieu-Seeland | A | 3 | 0 | 0 | 3 | 1 | 8 | −7 | 0 |
Meeste doele aangeteken
wysigMeeste doele aangeteken:
|
|
Verwysings
wysig- ↑ (en) "FIFA Council votes for the introduction of a revamped FIFA Club World Cup". FIFA. 15 Maart 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2019. Besoek op 15 Maart 2019.
- ↑ (en) "FIFA President confirms 22 national teams will participate in FIFA Arab Cup 2021 in Qatar". FIFA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 November 2020. Besoek op 25 November 2020.
- ↑ (en) "adidas Krasava debuts as 2017 FIFA Confederations Cup match ball". Soccer.com. 11 November 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Maart 2017. Besoek op 1 Desember 2016.
- ↑ (en) "Statistical Kit – FIFA Confederations Cup – FCC 2017 post event edition" (PDF). FIFA. 10 Julie 2017. Besoek op 28 Junie 2022.
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017. |
- (en) fifa.com: Russian extravaganza and another German triumph
- (en) fifa.com: FIFA Technical Report Geargiveer 16 Desember 2017 op Wayback Machine