Filliet
metamorfe gesteentes
Filliet (van die Griekse woord φύλλον phullon, "blad") is ’n metamorfe gesteente van gemiddelde graad (tussen leisteen en skis) wat skalie as oorsprongsgesteente gehad het.
Eienskappe
wysigFilliet is ’n gesteente wat veral uit kwarts, serisiet en chloriet (mikas) bestaan. Grafietkristalle kan ook in filliet voorkom. Vanweë die aanwesigheid van mikas het die gesteente ’n syagtige glans. Die bladerige struktuur word veroorsaak deur die mikas wat as filosilikate die gesteente splits.
Skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Filliet.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Nederlandse Wikipedia vertaal.