Hessequa Plaaslike Munisipaliteit
| |||
Provinsie | Wes-Kaap | ||
Distriksmunisipaliteit | Tuinroete | ||
Tipe | Plaaslike Munisipaliteit | ||
Munisipale kode | WC042 | ||
Burgemeester | Grant Riddles (DA) | ||
Hoofstad | Riversdal | ||
Grootste tale | Afrikaans, Engels, Xhosa | ||
Area | 5 733 km² | ||
Bevolking | 52 642 (2011) |
Die Hessequa Plaaslike Munisipaliteit is een van die plaaslike munisipaliteite in die Tuinroete-distriksmunisipaliteit in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Dit is in 2000 as die Langeberg Plaaslike Munisipaliteit gestig, en het sy naam in 2005 verander. Die Breërivier/Wynland munisipaliteit het later die naam "Langeberg" oorgeneem.
Nedersettings
wysigNedersettings in die munisipaliteit
- Albertinia
- Askraal
- Brandrivier
- Gouritsmond
- Groot-Jongensfontein
- Heidelberg
- Port Beaufort
- Reisiesbaan
- Renier
- Riversdal (setel)
- Slangrivier
- Stilbaai met Stilbaai-Oos en Stilbaai-Wes
- Vermaaklikheid
- Witsand
Wapen
wysigDie munisipaliteit gebruik 'n skynheraldiese "wapen" wat die volgende toon: 'n aalwyn (waarskynlik uit Heidelberg se voormalige dorpswapen), 'n ander plant, 'n bergreeks, 'n seiljag (waarskynlik uit Stilbaai se voormalige dorpswapen), golwende wit en blou dwarsbalke, en 'n ploeg. Bo die skild is 'n bokkop, en onder die skild die naam "Hessequa" (voorheen "Langeberg") op 'n krul.[1]