Jannie Breedt
Jannie Breedt (4 Junie 1959 in Kemptonpark) is 'n oud-Springbokrugbyspeler en Suid-Afrika se een-en-veertigste Springbokkaptein. Hy het ook vir Transvaal provinsiale rugby op agsteman gespeel.
| |||||
Volle naam | Johannes Christoffel Breedt | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 4 Junie 1959 | ||||
Geboorteplek | Kemptonpark, Suid-Afrika | ||||
Lengte | 193 cm | ||||
Massa | 98 kg | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Agsteman | ||||
Amateurspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
Wanderes RFC | |||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
1981–1984 1985–1992 |
Noord-Transvaal Transvaal |
47 118 |
|||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
1986–1992 | Suid-Afrika | 8 | (0) |
Spelersloopbaan
wysigBreedt het vir Noord-Transvaal en later vir Transvaal in die Suid-Afrikaanse provinsiale kompetisies gespeel. Hy het in 1981 sy debuut vir Noord-Transvaal gemaak en in 1985 verhuis hy na Transvaal. Hy het 118 wedstryde vir Transvaal gespeel en die span by 102 geleenthede aangevoer, die eerste speler wat die provinsie meer as honderd keer aangevoer het. Hy het sy span na vier Curriebeker-eindstryde gelei en by elke geleentheid as naaswenner geëindig.[1]
Springbok
wysigBreedt het sy toetsbuiging vir die Springbokke teen die besoekende Nieu-Seelandse Kavaliers op 10 Mei 1986 op Nuweland in Kaapstad gemaak. In 1989 is Breedt as Springbokkaptein vir die twee toetswedstryde teen die Wêreld-XV aangewys en het dus die 41ste Springboktoetskaptein geword. Hy het 8 keer vir die Springbokke uitgedraf.[2]
Verwysings
wysig- ↑ Van Rooyen, Quintus (1993). S.A. Rugby Writers Annual 1993. SA Rugby Writers' Society. p. 136. ISBN 0620172940.
- ↑ Jooste, Graham K. (1995). South African rugby test players 1949-1995. Johannesburg: Penguin. pp. 119–126. ISBN 0140250174. OCLC 36916860.
Eksterne skakels
wysigVoorafgegaan deur Naas Botha |
Springbokkaptein 1989 |
Opgevolg deur Francois Pienaar |