Koorsboom
Die koorsboom (Vachellia xanthophloea) is inheems aan Eswatini, Demokratiese Republiek die Kongo, Kenia, Malawi, Mosambiek, Somalië, Suid-Afrika, Tanzanië en Zimbabwe is.[1] In Suid-Afrika kom dit in die provinsies KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo voor. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys.[2] Die boom se FSA-nommer is 189. [3]
Koorsboom | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Fabales |
Familie: | Fabaceae |
Klade: | Mimosoideae |
Genus: | Vachellia |
Spesie: | V. xanthophloea
|
Binomiale naam | |
Vachellia xanthophloea (Benth.) Banfi & Galasso., (2008)
| |
Sinonieme | |
|
Dit is 'n boom wat tot 25 meter hoog kan groei. Die hoogste koorsboom in Suid-Afrika is egter 30,5 m hoog en staan op die plaas Antonvilla in die distrik Musina (volgens die eerste verslag: Operasie Boomreuse – 1971). Die baskleur is lemmetjiegroen tot geelgroen en is glad met 'n geel poeier op die oppervlakte. Die boom het lang, reguit dorings wat in pare voorkom. Die boom het dubbelveervormige, saamgestelde blare.
Vroeë pioniers in Suid-Afrika het geglo dat hierdie boom koors veroorsaak, aangesien die mense wat in die gebiede gereis het waar die bome voorkom, koors ontwikkel het. Die bome kom voor in gebiede wat moerasagtig is waar muskiete broei wat malaria dra wat wel die oorsaak van die koors was.
Fotogalery
wysig-
Blare en takke
-
Blare
-
Dorings
-
Takke
-
'n Spinnekop op die boomstam
-
'n Kaapse skink wat deur 'n fiskaallaksman aan 'n koorsboom gehang is
Ander name
wysig- Engelse naam: Fever tree[3]
- Zoeloenaam: umHlosinga of uMkhanyakude
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ "Flora van Zimbabwe" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2017. Besoek op 28 Desember 2016.
- ↑ "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2016.
- ↑ 3,0 3,1 Van Wyk, Piet (2008). Field guide to the TREES of the Kruger National Park. Kaapstad: Struik. p. 77. ISBN 978-1-77007-759-1.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Koorsboom.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Koorsboom