Kransaasvoël
Die kransaasvoël (Gyps coprotheres) is 'n aasvoël wat aangetref word in Suid-Afrika, Lesotho en Botswana. Af en toe besoek jong kransaasvoëls Namibië tydens hul jeugreise. Dit word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie as gevolg van vergiftiging, versteuring in die broeikolonies en omdat hulle deur oorhoofse elektriese kabels doodgeskok word.
Kransaasvoël | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | G. coprotheres
|
Binomiale naam | |
Gyps coprotheres (Forster, 1798)
|
Identifikasie
wysigDie kransaasvoël is 100–115 cm lank en het 'n donkerbruin bokant met 'n wit laerrug. Dit het donker vlugvere en wit borsvere.
Habitat
wysigHulle habitat is grasveld, savanne en woestynagtige areas. Hulle broei op kranslyste.
Verspreiding
wysigKransaasvoëls kom hoofsaaklik in die Drakensberge en Oos-Kaap voor. Daar is ook 'n kolonie in die De Hoop-natuurreservaat naby Bredasdorp in die Wes-Kaap.
Ander name
wysig- Engels: Cape Griffon / Cape Vulture
- Wetenskaplike naam: Gyps coprotheres
Fotogalery
wysig-
'n Eier van die kransaasvoël.
-
'n Jong kransaasvoël in die St. Augustine Alligator Farm, St. Augustine, Florida.
-
'n Kransaasvoël in vlug by Mike se pas, Drakensberge, KwaZulu-Natal, Suid-Afrika.
Sien ook
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kransaasvoël.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Kransaasvoël