Malgassies
- Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien gerus Malgasse (volk).
Malgassies (Fiteny malagasy, [ˌmalaˈɡasʲ], taal van Madagaskar se inheemse Malgasse-volk en word deur sowat 18,1 miljoen mense gepraat. Saam met Frans vorm dit die amptelike tale van Madagaskar. Dit is die mees westelike en enigste in Afrika gebesige van die Austronesiese tale, wat hoofsaaklik in Asië en Oseanië gepraat word.
) is dieMalgassies Fiteny malagasy | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [ˌmalaˈɡasʲ] | |
Gepraat in: | Madagaskar | |
Gebied: | Oos-Afrika | |
Totale sprekers: | 18,1 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Austronesies Maleis-Polinesies Wes-Maleis-Polinesies Borneo Barito Oos-Barito Malgassies | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Madagaskar | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | mg | |
ISO 639-2: | mlg | |
ISO 639-3: | mlg | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Taalkundiges klassifiseer Malgassies as 'n Maleis-Polinesiese taal wat nou verwant aan die Ma'anyan-taal van die eiland Borneo in Indonesië is, byna 7000 km ver van Madagaskar. Malgassies het saam met immigrante uit Suidoos-Asië na Madagaskar gekom. Dit is ietwat minder verwant aan Indonesies en Maleis en het daarnaas nog 'n los verbintenis met die tale van die Filippyne, waaronder Cebuano en Tagalog. Malgassies het met verloop van tyd leenwoorde uit Arabies en Swahili, maar ook later van Engels en Frans oorgeneem.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Malagasy" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020. Besoek op 18 Augustus 2019.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Malgassies.
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Malgassies.
- (en) "Malagasy languages". Encyclopædia Britannica. Besoek op 18 Augustus 2019.
- (en) "Malagasy (Fiteny Malagasy)". Omniglot. Besoek op 18 Augustus 2019.