Location via proxy:   [ UP ]  
[Report a bug]   [Manage cookies]                

Gomphocarpus fruticosus

Plantspesie
(Aangestuur vanaf Melkbos)

Die melkbos (Gomphocarpus fruticosus) is 'n struik wat deel van die Apocynaceae familie is. Die spesie is inheems aan Angola, Botswana, Djiboeti, Eritrea, Eswatini, Ethiopië, Jemen, Kenia, Lesotho, Malawi, Mosambiek, Namibië, Oman, Saoedi-Arabië, Somalië, Soedan, Suid-Afrika, Uganda, Zambië en Zimbabwe.

Melkbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Klade: Asterids
Orde: Gentianales
Familie: Apocynaceae
Genus: Gomphocarpus
Spesie:
G. fruticosus
Binomiale naam
Gomphocarpus fruticosus
(L.) W.T.Aiton, (1811)
Sinonieme
  • Asclepias fruticosa L. in Sp. Pl.: 216 (1753)
  • Asclepias salicifolia Salisb.

Die plant word 1 tot 3 m hoog en blom van November tot April. Die spesie is ook deel van die fynbos.

In Suid-Afrika kom die spesie in al die provinsies voor. Die spesie staan ook bekend as blaasoppie, gansies, gansiesbos, kapokbossie, katoenbos, tontelbos, vleiklapper, wildegaring en wildekapok.

Infraspesies

wysig

Die spesie het vyf infraspesies:

  • Gomphocarpus fruticosus subsp. decipiens (N.E.Br.) Goyder & Nicholas
  • Gomphocarpus fruticosus subsp. flavidus (N.E.Br.) Goyder
  • Gomphocarpus fruticosus subsp. fruticosus
  • Gomphocarpus fruticosus subsp. rostratus (N.E.Br.) Goyder & Nicholas
  • Gomphocarpus fruticosus subsp. setosus (Forssk.) Goyder & Nicholas

Galery

wysig

Bronne

wysig