Slowaaks
- Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Slowake. Moenie verwar word met Sloweens nie.
Slowaaks (slovenčina, slovenský jazyk [ˈsloʋenskiː ˈjazik] Wes-Slawiese taalgroep. Dit word deur sowat 6,9 miljoen mense, vernaamlik in Slowakye, waar dit die amptelike taal is, gepraat, asook in kleiner taaleilande in Hongarye, Kroasië, Oekraïne, Roemenië, Serwië, Slowenië en Tsjeggië. As minderheidstaal word dit ook deur immigrante in onder andere die Verenigde State en Kanada gebesig. Sedert 1 Mei 2004 is Slowaaks een van die amptelike tale van die Europese Unie.
) is 'n lid van dieSlowaaks slovenčina | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Slowakye Hongarye Serwië Tsjeggië Oekraïne Roemenië Kroasië | |
Gebied: | Sentraal-Europa | |
Totale sprekers: | 5,1 miljoen (moedertaal) 1,7 miljoen (tweede taal)[1] | |
Rang: | 106 | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Slawies Wes-Slawies Tsjeggo-Slowaaks Slowaaks | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Europese Unie Slowakye Vojvodina (Serwië) | |
Gereguleer deur: | Instituut van Slowaaks | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | sk
| |
ISO 639-2: | slk
| |
ISO 639-3: | slk
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Slowaaks word, net soos die nou verwante Kasjoebies, Sorbies, Tsjeggies en Pools, in die Latynse Alfabet geskryf. In teenstelling met Tsjeggies, wat vandag as standaardtaal in die hele Tsjeggië gepraat word, is daar drie dialekgroepe, Wes-, Sentraal- en Oos-Slowaaks. Die moderne Slowaakse skryftaal baseer op Sentraal-Slowaaks.
Weens Slowaaks se nou verwantskap aan Tsjeggies kan Slowake en Tsjegge mekaar maklik verstaan. Amptelike dokumente wat in die een land se ampstaal uitgereik word, word in die ander land outomaties erken. Televisieprogramme word sonder vertaling of ondertitels uitgesaai. Die jongste generasie Tsjegge en Slowake vind dit wel moeiliker om mekaar te verstaan aangesien daar ná die ontbinding van Tsjeggo-Slowakye in 1993 nie meer daaglikse kontak met mekaar se tale is nie.[2]
Spore van moderne Slowaaks kan in die 19de eeu bespeur word. Daar is egter ook spore van Oud-Slowaaks in die 11de eeu.
Alfabet
wysigDie Slowaakse alfabet (Slowaaks: slovenská abeceda) baseer op die Latynse alfabet, waarby die 26 basiese letters deur drie digrawe (dz, dž, ch) en 17 letters met diakritiese tekens aangevul word, waaronder letters met akuut-aksentteken (dĺžeň), Haček (mäkčeň), umlaut (dve bodky of prehláska) en kappie (vokáň).
Die umlaute Ö en Ü maak nie deel uit van die Slowaakse alfabet nie, maar kom in eiename voor. Die medeklinkers Q, W en X word uitsluitlik in vreemde woorde gebruik.
Grammatika
wysigSlowaaks is 'n hoogs flekterende taal met ses grammatikale naamvalle.
Verwysings
wysig- ↑ "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Slovak" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 3 Mei 2016.
- ↑ "Slowakisch ist für junge Tschechen eine Fremdsprache" (in Duits). Radio Praha. 27 Februarie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Maart 2019. Besoek op 3 Mei 2016.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Slowaaks.
Sien Slowaaks in Wiktionary, die vrye woordeboek. |