Stelselteorie
Stelselteorie is 'n interdissiplinêre studieveld wat die verhoudings van stelsels in hul geheel bestudeer. ('n Stelsel is 'n versameling interafhanklike elemente wat gesamentlik die plaaslike entropie verlaag).
Een van die oudste vorms van stelseldenke word gevind in die Chinese I-Ching of die 'Boek van verandering' wat gebaseer is op die onderliggende filosofie dat die heelal bestaan uit Jin- en Jangpolariteite. Alle situasies word deur 64 heksagramme uitgebeeld wat bestaan uit ses Jin- en Janglyne. Hierdie stelselbenadering word gebruik om insig te kry oor situasies.
Algemene stelselteorie was oorspronklik voorgestel deur die Hongaarse bioloog Ludwig von Bertalanffy in 1928. Voor Von Bertalanffy se werk, het die wetenskaplike benadering oor stelsels op twee aannames, vanaf die werk van die filosoof Descartes, berus:
- 'n stelsel kan afgebreek in komponente en verstaan word deur elke komponent onafhanklik te verstaan.
- komponente kan lineêr bygevoeg word om die geheel te vorm.
Von Bertalanffy het beide hierdie beginsels bevraagteken. Hy teoretiseer dat die verwantskappe tussen komponente ondersoek moet word, om die geheel te verstaan; asook dat hierdie verwantskappe nie lineêr van aard is nie. Hy het in 1951 die algemene stelselteorie uitgebrei om biologiese stelsels in te sluit. Daarna is stelselteorie se gewildheid bevorder deur 'n elektriese ingenieur, Lofti Zadeh.
Tydslyn
wysig- 1926: Generaal Jan Christian Smuts van die Unie van Suid-Afrika ontwikkel 'n teorie van holisme in die boek "Holism and evolution" en word gevolglik deur baie gereken as die vader van stelselteorie.
- 1928: Algemene stelselteorie word voorgestel deur die Hongaarse bioloog Ludwig von Bertalanffy.
- 1940: Meganistiese denke slaag nie daarin om biologiese verskynsels te verklaar nie en stelseldenke begin meer gewild raak.
- 1947: N. Wiener gebruik vir die eerste keer die term kubernetika om die konsep van terugvoer en selfregulering in stelsels te bespreek.
- 1956: K.Boulding formuleer 'n hiërargie van stelsels waarvolgens verskillende stelsels geklassifiseer kan word.
- 1963: E. Lorenz publiseer die eerste waarneming van wanordelik gedrag in 'n stelsel.
- 1965: Stelselingenieurswese word bekendgestel as 'n ingenieursdissipline.
- 1966: John Godolphin Bennett ontwikkel 'n nuwe gedagtelyn in stelselteorie, naamlik die sistematiek, wat poog om stelsels te ondersoek as 'n geheel eerder as 'n stel verwante komponente.
- 1970: Benoit Mandelbrot speel 'n sleutelrol in die ontwikkeling van chaosteorie deur die konsep van fraktaalmeetkunde bekend te stel.
- 1971: David Ruelle en Floris Takens ontwikkel die konsep van 'n vreemde aantrekker, as voorloper tot chaosteorie.
- 1975: T.Y. Li en J. Yorke, twee wiskundiges ontwikkel die term "wanorde" om 'n bepaalde dinamika in stelsels te beskryf, naamlik chaosteorie.
- 1977: Die Belgiese chemikus Ilya Prigogine ontvang 'n Nobelprys vir die bekendstelling van dissipatiewe stelsels en selforganisasie.
- 1981: Peter Checkland ontwikkel die sagtestelselmetodiek gebaseer op hiërargiese verhoudings binne stelsels.
- 1990: Peter Senge ontwikkel die konsep van stelselgrondvorms, of oertipes, as deel van 'n benadering om 'n lerende organisasie te beskryf.
- 1990: D.K. Hitchins ontwikkel die verenigde stelselhipotese, asook die nuwe stelselingenieurswesebenadering.
Verwante boeke
wysig- 2006, Introduction to Social Macrodynamics: Compact Macromodels of the World System Growth, by Andrey Korotayev, Artemy Malkov, en Daria Khaltourina, Moskou: Redaksionele URSS.
- 1992, Putting systems to work, D.K. Hitchins, John Wiley & Sons Ltd, Baffins Lane, Chichester, West Sussex PO19IUD, Engeland.
- 1990, The fifth discipline, The art & Practice of The Learning Organisation, P.M. Senge, Bantam, Doubleday Dell Publishing Group, Inc. 1540 Broadway, New York 10036.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Stelselteorie.
- Wêreldwye sisteemdenkepoort Geargiveer 9 Maart 2005 op Wayback Machine