Location via proxy:   [ UP ]  
[Report a bug]   [Manage cookies]                

The Beach Boys

Amerikaanse pop-groep

The Beach Boys is 'n Amerikaanse pop-groep wat in 1961 gestig is en wie se musiek vandag nog gewild is. Baie van hulle liedjies handel oor jong mense in Kalifornië wat die lewe geniet, in die see baljaar, branders ry, partytjie hou en in vinnige motors rondjaag. Onder hulle treffers tel California Girls, Good Vibrations en I Get Around.[1]

The Beach Boys
The Beach Boys, 2006
Agtergrondinligting
OorsprongHawthorne, Kalifornië, VSA
Genresrock'n'roll, surf rock, pop rock
Jare aktief1961— hede
EtiketteCapitol Records, Brother Records, Reprise, Caribou
AssosiasiesJan and Dean, Van Dyke Parks
Webwerfhttp://thebeachboys.com/
http://beachboysband.net/
LedeAl Jardine
Bruce Johnston
Mike Love
David Marks
Brian Wilson
Gewese ledeCarl Wilson
Dennis Wilson
Ricky Fataar
Blondie Chaplin
The Beach Boys (1964)

Die oorspronklike groep het uit vyf jongelinge bestaan, drie broers – Brian Wilson (voorsang/baskitaar), Carl Wilson (voorsang/kitaar) en Dennis Wilson (voorsang/tromme), hul bloedneef Mike Love (voorsang), asook vriend Alan Jardine (voorsang/kitaar). David Marks vervang Jardine toe hy moes terugkeer skool toe, maar met sy terugkeer verlaat Marks weer die groep. Bruce Johnston (klavier) het later 'n gereelde orkeslid geword. Hy het Brian Wilson aanvanklik op toer vervang, maar het later ook tydens opnames by hulle ingeval.

Die groep kom soms nog vir konserte byeen.

Diskografie

wysig
  • Surfin' Safari (1962)
  • Surfin' USA (1963)
  • Surfer Girl (1963)
  • Little Deuce Coupe (1963)
  • Shut Down Volume 2 (1964)
  • All Summer Long (1964)
  • The Beach Boys' Christmas Album (1964)
  • Today! (1965)
  • Summer Days (and Summer Nights!!) (1965)
  • Beach Boys' Party! (1965)
  • Pet Sounds (1966)
  • Smiley Smile (1967)
  • Wild Honey (1967)
  • Friends (1968)
  • 20/20 (1969)
  • Sunflower (1970)
  • Surf's Up (1971)
  • Carl and the Passions - "So Tough" (1972)
  • Holland (1973)
  • 15 Big Ones (1976)
  • Love You (1977)
  • M.I.U. Album (1978)
  • L.A. (Light Album) (1979)
  • Keepin' the Summer Alive (1980)
  • The Beach Boys (1985)
  • Still Cruisin (1989)
  • Summer in Paradise (1992)
  • Stars and Stripes Vol. 1 (1996)
  • That's Why God Made the Radio (2012)

Verwysings

wysig
  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

Eksterne skakels

wysig