Vark (astrologie)
Die Vark (Chinees: 豬, zhū) is die twaalfde en laaste dier in die twaalfjaarlikse siklus van die Chinese astrologie, volgens die Chinese kalender. Dit hou ook verband met Oos-Asiatiese diereriem- en kalenderstelsels. Die Jaar van die Vark word verbind met die Aardse taksimbool 亥.[1]
In die Japannese en Tibettaanse astrologie word die Vark vervang met die Wildevark.[2]
Beskrywing
wysigVolgens een legende is daar ’n rede vir die volgorde van die twaalf diere in die twaalfjaarsiklus. Daarvolgens is ’n resies oor ’n groot rivier gehou en die volgorde van die diere in die siklus is die volgorde waarin hulle die resies voltooi het. In dié verhaal het die Vark honger geword en gestop om iets te eet. Daarna het hy aan die slaap geraak. Hy het net betyds wakker geword om die twaalfde plek te behaal voor die resies verby was.
Die Chinese tekens word ook die diereriem genoem omdat geglo word ’n mens se persoonlikheid word deur die dier beïnvloed wat oor jou geboortedatum heers. Net so word die jaar waaroor ’n spesifieke dier heers, daardeur gekenmerk. Die invloed is veral sterk by mense wat in die jaar van die dier gebore is.
Dieselfde twaalf diere word gebruik om die siklus van ure in ’n dag te simboliseer – elk word verbind met ’n tydperk van twee uur. Die tydperk van die Vark is van 21:00 tot 23:00 – die tyd wanneer varke lekker slaap.
In Chinese simbologie word Varke beskou as goedhartig, getrou en eerlik, maar ook naïef, liggelowig en traag.
Jare en die Vyf Elemente
wysigMense wat binne dié datums gebore is, is in die Jaar van die Vark gebore, met ook die volgende elementêre teken:[3]
Begindatum | Einddatum | Hemelse tak |
---|---|---|
4 Februarie 1935 | 23 Januarie 1936 | Houtvark |
22 Januarie 1947 | 9 Februarie 1948 | Vuurvark |
8 Februarie 1959 | 27 Januarie 1960 | Aardvark |
27 Januarie 1971 | 14 Februarie 1972 | Metaalvark |
13 Februarie 1983 | 1 Februarie 1984 | Watervark |
31 Januarie 1995 | 18 Februarie 1996 | Houtvark |
18 Februarie 2007 | 6 Februarie 2008 | Vuurvark |
5 Februarie 2019 | 24 Januarie 2020 | Aardvark |
23 Januarie 2031 | 10 Februarie 2032 | Metaalvark |
10 Februarie 2043 | 29 Januarie 2044 | Watervark |
Varke en hul maats
wysigTeken | Beste maats | Gemiddelde maats | Slegte maats |
Vark | Vark, Konyn, Bok | Hond, Tier, Perd, Draak, Aap, Rot, Haan, Os | Slang |
Basiese astrologiese elemente
wysigAardse tak van geboortejaar | Hai |
Die Vyf Elemente | Water |
Jin/jang | Jin |
Maanmaand | 10de |
Gelukkige nommers | 2, 5, 6, 8; vermy: 3, 4, 9 |
Gelukkige blomme | Lelie van enige spesie |
Gelukkige kleure | Geel; vermy: rooi, blou |
Seisoen | Winter |
Naaste Westerse teken | Skerpioen |
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ "Chinese Zodiac - Pig". Travel China Guide (in Engels). TravelChinaGuide.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2020. Besoek op 25 Augustus 2018.
- ↑ ricardobaddouh (28 Januarie 2014). "Tibetan Astrology – Table of Year-Animal-Element" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2019. Besoek op 9 Junie 2017.
- ↑ "Chinese Zodiac – Pig" (in Engels). Your Chinese Astrology. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Junie 2020. Besoek op 25 Augustus 2018.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Vark (astrologie).
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Vorige teken ← Hond (戌) |
Vark (亥) | Volgende teken Rot (子) → |