Location via proxy:   [ UP ]  
[Report a bug]   [Manage cookies]                

Die visarend (Haliaeetus vocifer) is 'n groot roofvoël met 'n wit kop en bors met 'n bruin pens en hoofvlerke. Hierdie arend het swart en bruin ondervlerke en 'n wit stert. Dit is die nasionale voël van lande soos Namibië, Malawi, Zambië, Suid-Soedan en Zimbabwe. In Engels staan die voël bekend as die African Fish Eagle.

Visarend
Visarend wat pas 'n vis gevang het.
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
H. vocifer
Binomiale naam
Haliaeetus vocifer

Identifikasie

wysig

Behalwe vir die kenmerkende roep, is die volwasse visarend bekend vir sy uitkenbare kleure soos hierbo genoem. Volwasse voëls word 63–73 cm hoog. Die wyfie word effens groter as die mannetjie.

Habitat

wysig

Groot riviere, damme en mere en ook aan kusgebiede.

Verspreiding

wysig

Die visarend is 'n algemene standvoël in Suid-Afrika.

'n Kenmerkende lang "kyeow-kou-kou"-roep.

Nasionale embleem

wysig

Die visarend is een van Namibië se wapendiere, asook Suid-Soedan en Zambië se wapendier. Beide die nasionale krieketspan en nasionale rugbyspan van Namibië vertoon dié wapendier in hul embleme en die Namibiese nasionale krieketspan se bynaam "Arende" is aan die visarend ontleen.

Fotogalery

wysig

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. (en) "Haliaeetus vocifer". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2013.2. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. 2013. Besoek op 26 November 2013. {{cite web}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)

Eksterne skakels

wysig