Location via proxy:   [ UP ]  
[Report a bug]   [Manage cookies]                

Volksrepubliek Donetsk

Federale onderwerp van Rusland, wat de jure deel is van Oekraïne

Die Volksrepubliek Donetsk (Russies: Донецкая Народная Республика, Donetskaja Narodnaja Respublika, [dɐˈnʲetskəjə nɐˈrodnəjə rʲɪˈspublʲɪkə]) is volgens internasionale reg 'n deel van Oekraïne, maar het van 2014 tot 2022 de facto 'n onafhanklike republiek gevorm, sonder algemene internasionale erkenning. Sedert die Russiese inval in Oekraïne in 2022 is dit deur Rusland beset en op 30 September 2022 in weerwil van internasionale reg geannekseer.[3]

Volksrepubliek Donetsk
Донецкая Народная Республика (Russies)
Vlag van die Volksrepubliek Donetsk Wapen van die Volksrepubliek Donetsk
Vlag Wapen
Volkslied: Государственный Гимн Донецкой Народной Республики
(Russies vir: "Staatsvolkslied van die Volksrepubliek Donetsk")
Ligging van die Volksrepubliek Donetsk
Hoofstad Donetsk

48°00′N 37°48′O / 48.000°N 37.800°O / 48.000; 37.800

Grootste stad Donetsk
Amptelike tale Russies[1]
Regering

• Hoof
Eerste minister
In naam 'n unitêre
presidensiële republiek
Denis Poesjilin
Witalij Khotsenko
Onafhanklikheid
Gedeeltelik erkende staat
• Stigting
• Onafhanklikheidsreferendum
• Ooreenkoms van Minsk
• Tweede ooreenkoms van Minsk
• Russiese erkenning
• Russiese anneksasie

van Oekraïne
7 April 2014
11 Mei 2014
5 September 2014
12 Februarie 2015
21 Februarie 2022
30 September 2022
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
8 902 km2  
3 437 myl2
feitlik geen
Bevolking
 - 2018-skatting
 - Digtheid
 
2 302 444[2] ()
/ km2
Geldeenheid Russiese roebel (RUB)
Tydsone
 - Somertyd
MSK (UTC+3)
nie toegepas nie (UTC+3)
Internet-TLD
Skakelkode +380 62
'n Kaart van Oekraïne met deur Rusland geannekseerde gebiede

Hoewel Oekraïne nie beheer oor die Volksrepubliek Donetsk uitoefen nie, beskou die Oekraïense regering, die Verenigde Nasies en die meerderheid van die wêreld se regerings die Volksrepubliek Donetsk as 'n deel van Oekraïne, waarvan die grondwet na dié gebied as Donetsk-oblast verwys.

Die Volksrepubliek Donetsk is langs die Oekraïens-Russiese grens en die Swartseekus geleë. Die hoofstad en grootste stad is Donetsk. Die Volksrepubliek Donetsk beslaan 'n oppervlakte van 8 902 km² en het 'n bevolking van 2 302 444 in 2018 gehad. Die Volksrepubliek Donetsk grens in die ooste aan die Russiese deelgebied Rostof-oblast.

Politiek

wysig

Internasionale erkenning

wysig
 
Internasionale erkenning van die Volksrepublieke Donetsk en Loehansk:

   Veroordeling van die Russiese erkenning van onafhanklikheid

   Ondersteuning van Oekraïense territoriale integriteit

   Ondersteuning vir die erkenning van die Volksrepublieke Donetsk en Loehansk

   Amptelike erkenning van die Volksrepublieke Donetsk en Loehansk

VN-lidlande
  •   Rusland erken die Volksrepublieke Donetsk en Loehansk sedert 21 Februarie 2022.
  •   Sirië erken die Volksrepublieke Donetsk en Loehansk sedert 29 Junie 2022.[4]
  •   Noord-Korea erken die Volksrepublieke Donetsk en Loehansk sedert 13 Julie 2022.[5]
Gedeeltelik erkende en nieerkende gebiede

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. (ru) "Русский признали в ДНР единственным государственным языком". Rossijskaja Gaseta. Besoek op 7 Maart 2020.
  2. (ru) "Численность населения Донецкой Народной Республики на 1 января 2018 года" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 16 Mei 2018. Besoek op 28 Mei 2018.
  3. (en) "With 143 Votes in Favour, 5 Against, General Assembly Adopts Resolution Condemning Russian Federation's Annexation of Four Eastern Ukraine Regions". Verenigde Nasies. 12 Oktober 2022. Besoek op 23 Junie 2023.
  4. (en) "Syria recognizes independence, sovereignty of Donetsk, Luhansk -state news agency". Reuters. 29 Junie 2022. Besoek op 29 Junie 2022.
  5. (en) "Ukraine cuts N Korea ties over recognition of separatist regions". Al Jazeera. 13 Julie 2022. Besoek op 13 Julie 2022.
  6. (en) "Luhansk Recognizes Abkhazia". Civil Georgia. 10 Maart 2022. Besoek op 10 Maart 2022.

Eksterne skakels

wysig