Location via proxy:   [ UP ]  
[Report a bug]   [Manage cookies]                

Die witooievaar (Ciconia ciconia) is 'n algemene trekvoël wat voorkom in Suider-Afrika. Die voël is 100 – 120 cm groot en weeg 2.4 – 4 kg. In Engels staan die voël bekend as White Stork.

Witooievaar
Volwasse Witooievaar
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
C. ciconia
Binomiale naam
Ciconia ciconia
(Linnaeus, 1758)
Verspreiding en roetes

██  Broeigebied ██  Winter ██ Migrasie roetes

Sinonieme

Ardea ciconia Linnaeus, 1758

Fotogalery

wysig

Dit is waarskynlik die beroemdste lid van die orde en staan in Suid-Afrika ook bekend as die groot wit sprinkaanvoël. Hulle broei in Europa, maar wanneer die Europese winter aanbreek, verhuis hulle in swerms van 300 of meer na Afrika. In die somermaande kom hulle in groot getalle voor oor die hele Suid-Afrika van die Kaap tot aan die Limpopo, en gevalle is selfs bekend van witooievaars wat in Suid-Afrika broei.

Aangesien hulle sprinkane, wurms en verskeie insekte vreet, is hulle baie gewild by die boer. In Europa maak hulle nes op die dakke van woonhuise, kerke en ander geboue. In veral Nederland en Duitsland beskou die mense die witooievaar as 'n gelukbringer. Die voëls was volop in Europa maar het al hoe skaarser in die stede en dorpe geword.

In vlug kan mens hulle onderskei van reiers omdat hulle met die kop en nek vorentoe gestrek vlieg. Die reiers (Ardeidae) vlieg met die kop en nek in die vorm van 'n S.

Sien ook

wysig
 
Wikispecies
Wikispecies het meer inligting oor: Ciconia ciconia

Bronnelys

wysig

Verwysings

wysig
  1. BirdLife International (2012). "Ciconia ciconia". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012. {{cite web}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)