Fluit: Verskil tussen weergawes
k r2.6.4) (robot Bygevoeg: rue:Флавта |
Xqbot (besprekings | bydraes) k r2.7.2) (robot Bygevoeg: new:बाँसुरी |
||
Lyn 90: | Lyn 90: | ||
[[mk:Флејта]] |
[[mk:Флејта]] |
||
[[ml:ഓടക്കുഴല്]] |
[[ml:ഓടക്കുഴല്]] |
||
[[new:बाँसुरी]] |
|||
[[nl:Fluit (muziekinstrument)]] |
[[nl:Fluit (muziekinstrument)]] |
||
[[nn:Fløyte]] |
[[nn:Fløyte]] |
Wysiging soos op 01:47, 10 Augustus 2011
'n Fluit is 'n versamelnaam vir 'n aantal musiekinstrumente wat klank produseer deur middel van 'n lugstroom wat op 'n skerp rand gerig word.
Dwarsfluit
Die dwarsfluit val onder die houtblaserkategorie. Alhoewel die silwer weergawe die mees bekend is, was hy oorspronklik van hout gemaak. Hy kan 'n variasie van toonkleure skep bv. sag, rustig en hartseer (gewoonlik lae note); of lewendig, opgewek en opwindend (gewoonlik hoë note). Sy naam kom van die posisie waarin hy gespeel word: horisontaal na regs van die mond.
Geskiedenis
Die fluit kan terugdateer word na die begin van die mensdom as die ontstaan van die eerste instrumentgroep waarvan ons weet. Dit het verskyn in verskillende variasies in verskillende dele van die wêreld. ‘n Driegat fluit gekerf van ‘n olifanttand, wat na bewering baie duisende jare oud is, is in die Geißenklösterle grot in Duitsland in 2004 ontdek. Twee ander fluite gemaak van swaan bene is nog voorbeelde van die oudste fluite bekend. Fluite is selfs in die Bybel te vinde. In Genesis 4:21 word Jubal die vader van almal wat die Ugab (fluit) en kinnor (harp) bespeel het, genoem. Hierdie Hebreeuse term (Ugab) verwys ook na ‘n blaasinstrument in die algemeen. Jubal word tradisioneel beskou as die ontdekker van die fluit. Party van diè vroeë fluite was van skeenbeen gemaak. Die fluit is ook deel van sommige kulture se geloof en mitologie
Die oudste transverse fluit is ‘n chi (篪) fluit wat in die graf van Marquis Yi of Zeng by Suizhou in die Hubei provinsie in Sjina ontdek is. ‘n Transverse fluit is ‘n fluit wat van die kant af geblaas word (soos die westerse konsertfluit)
Klankproduksie
‘n Lugstroom word oor die gleuf van die mondstuk geblaas wat veroorsaak dat die lug in twee gesny word. Die deel van die lug wat in die pyp ingaan resoneer teen die kante en glip by die oop kleppies uit om so ‘n sekere noot te vorm soos byvoorbeeld 440 vibrasies per sekonde om die A net bo middel C te skep. Die noot kom dan in sy volledige vorm by die oop kant van die fluit uit. Om daardie lugstroom met jou mond te vorm is dit nodig om jou lippe, soos die Engelsman sê, “between a kiss and a smile” te hou en te blaas asof jy ‘n vuur stook. Die fluit word geblaas tot die 2de of 3de harmonie deur ‘n kombinasie van verhoogde lugstroom snelheid en om die gaping tussen die speler se lippe en die kant te verklein.
Bou van die dwarsfluit
Die moderne fluit is in die vorm van ‘n oop silindriese lug kolom gemaak en is omtrent 66 sentimeters lank en het ‘n deursnit van omtrent 2 cm . Die basisnoot is middel C en het ‘n reeks van omtrent drie oktawe tot by C7. Die fluit kan van vele materiale of mengsels van materiale gemaak word bv. hout, silwer, nikkelsilwer of selfs goud. Die gewildste is egter die mengsel van nikkel en silwer. Die kleppe funksioneer deur ‘n ingewikkelde verskeidenheid van vere en konneksies.
Die moderne fluit was ontwikkel deur Theobald Boehm wat daarmee geëksperimenteer het vanaf 1832 tot 1847 met die doel om dit ‘n groter toonvariasie te gee. Hy het uiteindelik ‘n paraboliese (bakvormige) kopstuk aan die lyf van die fluit met klep openinge wat voorheen vingeropeninge was gemaak. Na dit was ander klein verbeteringe aangebring. Die moderne fluit het gewoonlik ‘n reeks van middel C (C4) opwaarts vir omtrent 4 oktawe. Europese fluite is gewoonlik gemaak van hout; en van silwer in die Verenigde State van Amerika.
Variasies
Die standaard westerse konsert fluit (my fluit) is in die C sleutel getoonset en het ‘n reeks van drie oktawe wat begin met middel C (moontlik kan dit ook ‘n half toon laer wees wanneer a B-voet aan die instrument geheg is.)Dit beteken dat die konsert fluit die hoogste algemene orkesinstrument is met die uitsondering van die piccolo wat ‘n oktaaf hoër is. Ander groottes fluite en piccolo’s word gebruik van tyd tot tyd. ‘n Skaarser instrument van die moderne toonsetting stelstel is die G sleutel fluit.
Interessante speeltegnieke en feite
- Note kan met die tong geartikuleer word, of net verbind word.
- ‘n Vinnige vibrerende klank kan verkry word deur ‘n gggggggg-klank in die agterkant van jou keel te maak. Dit verg egter baie oefening.
- Sommige fluitspelers vervang hul silwer mondstuk met ‘n goue monstukke omdat dit die suiwerheid van die klank verbeter.
- Houtfluite word van rooshout gemaak.
- ‘n Fluit word ingestem deur die pyp langer en korter te maak, korter is hoër; en langer is laer.
Verwysing
Wikimedia Commons bevat media in verband met Fluite. |
- Creative Flute. Jy kan meer as 1000 openbare domein gratis bladmusiek tellings.
- phy-astr.gsu.edu
- Wêreldspektrum Deel 3 bladsye 91-93 (1982 Ensiklopedie Afrikana (EDMS) Bpk.