Location via proxy:   [ UP ]  
[Report a bug]   [Manage cookies]                
Gaan na inhoud

Komani: Verskil tussen weergawes

Koördinate: 31°54′0″S 26°53′0″O / 31.90000°S 26.88333°O / -31.90000; 26.88333
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Geskrapte inhoud Bygevoegde inhoud
Uitleg van bronteks
No edit summary
Lyn 21: Lyn 21:
| oppervlakvoetnotas = <ref name=census2011>Som van die hoofplekke [http://census2011.adrianfrith.com/place/281017 Queenstown] en [http://census2011.adrianfrith.com/place/281018 Mlungisi] tydens die 2011-sensus.</ref>

| oppervlak_totaal_km2 = 71.3
| oppervlak_totaal_km2 = 71.3
| hoogte_m = 1067
| hoogte_m = 1 081
| bevolking_totaal = 68872
| bevolking_totaal = 68872
| bevolking_soos_op = 2011
| bevolking_soos_op = 2011
Lyn 53: Lyn 53:
[[Lêer:Queen's College, Queenstown.jpg|duimnael|links|230px|[[Queen's College]] is die dorp se roemryke openbare hoërskool vir seuns. Op die agtergrond is Hangklip, waarna die [[Hoërskool Hangklip]] genoem is.]]

[[Lêer:NG kerk Queenstown 2012 2.jpg|duimnael|links|230px|Die kerkgebou van die [[NG gemeente Queenstown]] is ontwerp deur [[Wynand Louw]] en die hoeksteen in 1923 gelê.]]
[[Lêer:NG kerk Queenstown 2012 2.jpg|duimnael|links|230px|Die kerkgebou van die [[NG gemeente Queenstown]] is ontwerp deur [[Wynand Louw]] en die hoeksteen in 1923 gelê.]]

== Opvoeding ==
== Opvoeding ==
Komani is 'n belangrike opvoedkundige sentrum. Die geskiedenis van die [[Hoërskool Hangklip]] begin in [[1885]], 27 jaar na die roemryke Queen's College. Dit het ontstaan as 'n dubbelmedium-laerskool, Queen's Drive Primêre Skool. Die Afrikaanse gemeenskap het van krag tot krag gegaan en pogings aangewend om [[Afrikaans]] sy regmatige plek op die dorp te gee. Die strewe is vervul in [[1947]] toe Afrikaans die onderrigtaal in die hoërskool geword het onder die skoolhoof D.B. Malan. Dit is voorafgegaan deur die eerste st. 8-klas in [[1942]]. In daardie jaar het die skool sy huidige naam gekry toe die skoolkomitee, onder leiding van ds. Pollock, besluit het om dit na die berg by die dorp te vernoem. Die skool se status is in [[1945]] tot dié van hoërskool verhef en in Januarie [[1946]] is die eerste st. 9-klas by die skool ingevoer. Die getalle het in so 'n mate toegeneem dat pogings aangewend is om 'n afsonderlike hoërskool te bou.

Lyn 66: Lyn 67:

== Klimaat ==
== Klimaat ==
Die klimaat is oor die algemeen gematig tot koel.<ref name = "koppen"/> Die gemiddelde temperatuur is 17 °C. Die warmste maand is Januarie met 29&nbsp;°C, Die omgewing is die koudste in Junie en Julie wanneer die kwik <u>gemiddeld</u> val tot 3&nbsp;°C gedurende 'n wintersnag.<ref name = "nasa"/> Die gemiddelde [[reën]]val is 768 millimeter per jaar. Die natste maand is Februarie met 144 mm reën, en die droogste Julie, met 9 mm.<ref name = "nasarain"/>
Komani ontvang gemiddeld 515&nbsp;mm [[reën]] per jaar, meestal gedurende die somermaande.

Gemiddelde dagtemperature wissel van 17&nbsp;°C in Junie tot 29&nbsp;°C in Januarie. Die omgewing is die koudste in Junie en Julie wanneer die kwik <u>gemiddeld</u> val tot 3&nbsp;°C gedurende 'n wintersnag.

{{Tabel weergemiddeldes
{{Tabel weergemiddeldes
Lyn 109: Lyn 108:
* [[Lys van dorpe in Suid-Afrika]]
* [[Lys van dorpe in Suid-Afrika]]

== Bronne ==
== Verwysings ==
* [[Phil Olivier|Olivier, ds. P.L.]] (samesteller), ''[[Ons gemeentelike feesalbum]]''. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952.
* [[Phil Olivier|Olivier, ds. P.L.]] (samesteller), ''[[Ons gemeentelike feesalbum]]''. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952.
{{Verwysings}}
{{Verwysings|verwysings=
<ref name = "koppen">{{cite journal |last= Peel|first= M C|last2= Finlayson|first2= B L|date= |title= Updated world map of the Köppen-Geiger climate classification| url = http://www.hydrol-earth-syst-sci.net/11/1633/2007/hess-11-1633-2007.html |journal= Hydrology and Earth System Sciences|publisher= |volume= 11|issue= |pages= 1633-1644|doi= 10.5194/hess-11-1633-2007|access-date=30 Mei 2019}}</ref>
<ref name = "nasa">{{Cite web |url= http://neo.sci.gsfc.nasa.gov/dataset_index.php|title= NASA Earth Observations Data Set Index|access-date = 30 Mei 2019 |publisher= NASA}}</ref>
<ref name = "nasarain">{{Cite web |url= http://neo.sci.gsfc.nasa.gov/view.php?datasetId=TRMM_3B43M|title= NASA Earth Observations: Rainfall (1 month - TRMM)|access-date = 30 Mei 2019 |publisher= NASA/Tropical Rainfall Monitoring Mission}}</ref>
}}

== Eksterne skakel ==
== Eksterne skakel ==
{{Commonskat|Queenstown (South Africa)}}
{{Commonskat|Queenstown (South Africa)}}
* [http://www.hshangklip.co.za/index.htm Hoërskool Hangklip se webtuiste]

{{Suid-Afrikaanse distriksmunisipaliteit navbox|DC13}}
{{Suid-Afrikaanse distriksmunisipaliteit navbox|DC13}}

Wysiging soos op 08:55, 23 Februarie 2020

Queenstown

Komani
Queenstown se stadsaal
Queenstown se stadsaal
Byname: 
Rooshoofstad van Suid-Afrika
Queenstown is in Oos-Kaap
Queenstown
Queenstown
 Queenstown se ligging in Oos-Kaap
Koördinate: 31°54′0″S 26°53′0″O / 31.90000°S 26.88333°O / -31.90000; 26.88333
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieOos-Kaap
DistrikChris Hani
MunisipaliteitEnoch Mgijima
Stigting1853
Regering
 • TipePlaaslike Munisipaliteit
Oppervlak
 • Totaal71,3 km2 (27,5 vk. myl)
Hoogte
1 081 m (Formatting error: invalid input when rounding ft)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal68 872
 • Digtheid966/km2 (2 500/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense6.5%
 • Indiërs/Asiërs1.1%
 • Bruin mense10.0%
 • Swart mense81.8%
 • Ander0.6%
Taal (2011)
 • Xhosa 75.2%
 • Afrikaans 13.8%
 • Engels 7.3%
 • Ander 3.7%
Poskode (strate)
5320
Poskode (posbusse)
5319
Skakelkode045

Komani (onlangs herdoop van Queenstown) is 'n dorp in die Suid-Afrikaanse provinsie Oos-Kaap, wat in September 1853 deur Thomas Holden Bowker met die goedkeuring van goewerneur sir George Cathcart gestig en deur die eerste setlaars in die vorm van 'n seshoek aangelê is. Dit is die laaste plattelandse dorp met 'n eie dagblad, die Daily Representative, wat tans weekliks verskyn.

Die Anglikaanse kerk St. Michael & All Angels op Komani.
Die Rooms-Katolieke katedraal.
Queen's College is die dorp se roemryke openbare hoërskool vir seuns. Op die agtergrond is Hangklip, waarna die Hoërskool Hangklip genoem is.
Die kerkgebou van die NG gemeente Queenstown is ontwerp deur Wynand Louw en die hoeksteen in 1923 gelê.

Opvoeding

Komani is 'n belangrike opvoedkundige sentrum. Die geskiedenis van die Hoërskool Hangklip begin in 1885, 27 jaar na die roemryke Queen's College. Dit het ontstaan as 'n dubbelmedium-laerskool, Queen's Drive Primêre Skool. Die Afrikaanse gemeenskap het van krag tot krag gegaan en pogings aangewend om Afrikaans sy regmatige plek op die dorp te gee. Die strewe is vervul in 1947 toe Afrikaans die onderrigtaal in die hoërskool geword het onder die skoolhoof D.B. Malan. Dit is voorafgegaan deur die eerste st. 8-klas in 1942. In daardie jaar het die skool sy huidige naam gekry toe die skoolkomitee, onder leiding van ds. Pollock, besluit het om dit na die berg by die dorp te vernoem. Die skool se status is in 1945 tot dié van hoërskool verhef en in Januarie 1946 is die eerste st. 9-klas by die skool ingevoer. Die getalle het in so 'n mate toegeneem dat pogings aangewend is om 'n afsonderlike hoërskool te bou.

Die eerste sooi vir die nuwe hoërskool is op 15 Julie 1952 gespit deur mev. E. Louw, 'n lid van die skoolkomitee. Die gebou is op 20 Januarie 1954 ingewy, 'n trotse dag in die skool se geskiedenis. Tot 2014 was dit die grootste Afrikaansmediumskool in die Grens-gebied, waarna dubbelmedium-onderrig vanaf 2015 ingevoer is. Die skool het 'n goeie rekord in rugby en het reeds 'n Springbok (Chris de Wilzem, in 1956) opgelewer. Daar bestaan gesonde mededinging tussen Hangklip en die twee groot Afrikaanse skole in die Grens-gebied, dié op Aliwal-Noord en Hoërskool Grens in Oos-Londen.

Queen's College het sy oorsprong in 1855 met die stigting van die eerste skool op Queenstown. Die skool het in 1869 saamgesmelt met 'n privaatskool wat twee jaar vantevore gestig is. Meisies is die eerste keer in 1875 tot die Boy's Public School toegelaat en die naam is in 1880 gewysig tot Queenstown High Skool. In 1887 word die Boy's High School opnuut gestig en die ou skool word terselfdertyd die Girls' High School. Die seunskool se gebou is in Julie 1898 amptelik geopen deur sir Thomas Muir. In 1902 smelt dit saam met die Wesleyaanse skool. Die huidige naam, Queen's College Boys' High School, is eers in 1925 aanvaar. Die skool het sportmanne opgelewer soos Tony Greig, Daryll Cullinan, Kenny McEwan, Kaya Malotana, Lionel Cronje, Justin Kemp, Robbie Kempson, Dick Muir en Lwazi Mvovo.

NG gemeente

Vir hoofartikel, sien NG gemeente Queenstown

Die eerste NG gemeente is op 16 Desember 1853 van die gemeente Cradock afgestig. Die hoeksteen van die eerste kerkgebou is in September 1855 gelê. Die gemeente het snel uitgebrei en 'n nuwe kerkgebou is op 18 April 1925 ingewy. Dit is ontwerp deur die gevierde Suid-Afrikaanse argitek Gerard Moerdijk en is soortgelyk aan dié van die NG gemeente Harare en van Louis Trichardt se moedergemeente. Die Oos-gemeente is in 1953 afgestig en die Noord-gemeente in 1972. Mettertyd het baie lidmate weggetrek, sodat die twee dogtergemeentes in 1982 saamgesmelt het as Queenstown-Tuine. Die gemeente is op sy beurt weer by die moedergemeente ingelyf. In 1979 was hier byna 2 000 belydende (volwasse) NG lidmate. In 2008 het die getal afgeneem tot sowat 1 100 en teen 2010 tot sowat 870.

Klimaat

Die klimaat is oor die algemeen gematig tot koel.[2] Die gemiddelde temperatuur is 17 °C. Die warmste maand is Januarie met 29 °C, Die omgewing is die koudste in Junie en Julie wanneer die kwik gemiddeld val tot 3 °C gedurende 'n wintersnag.[3] Die gemiddelde reënval is 768 millimeter per jaar. Die natste maand is Februarie met 144 mm reën, en die droogste Julie, met 9 mm.[4]

Weergegewens vir Komani
Maand Jan Feb Mar Apr Mei Jun Jul Aug Sep Okt Nov Des Jaar
Gemiddelde maksimum (°C) 29 28 26 23 20 17 18 20 22 24 26 28 23,4
Gemiddelde temperatuur (°C) 22 21 19 16 13 10 10 12 15 16 19 20 16
Gemiddelde minimum (°C) 14 14 13 9 6 3 3 5 7 9 11 13 8,9
Neerslag (mm) 69 79 73 38 20 13 9 15 28 42 60 70 515
Bron: weatherbase

Toerisme

Die dorp beskik oor goeie toerisme-infrastruktuur met bergpaaie, piekniekplekke en 'n natuurreservaat in sy omgewing. Die N6 nasionale pad gaan deur Komani.

Sien ook

Verwysings

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Som van die hoofplekke Queenstown en Mlungisi tydens die 2011-sensus.
  2. Peel, M C; Finlayson, B L. "Updated world map of the Köppen-Geiger climate classification". Hydrology and Earth System Sciences. 11: 1633–1644. doi:10.5194/hess-11-1633-2007. Besoek op 30 Mei 2019.
  3. "NASA Earth Observations Data Set Index". NASA. Besoek op 30 Mei 2019.
  4. "NASA Earth Observations: Rainfall (1 month - TRMM)". NASA/Tropical Rainfall Monitoring Mission. Besoek op 30 Mei 2019.

Eksterne skakel