4 Desember
Voorkoms
<< | Desember 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
4 Desember is die 338ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (339ste in skrikkeljare). Daar volg nog 27 dae in die res van die jaar.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 963 – Keiser Otto I laat Pous Johannes XII afsit en vervang deur Pous Leo VIII.
- 1154 – Pous Adrianus IV volg Pous Anastasius IV op.
- 1563 – Pous Pius IV sluit die konsilie van Trente af.
- 1604 – Maffeo Barberini (later Pous Urbanus VIII) word pouslike legaat in Frankryk.
- 1639 – Jeremiah Horrocks neem die eerste Venusoorgang waar.
- 1791 – The Observer, die eerste Sondagkoerant, verskyn vir die eerste keer.
- 1829 – Die satigebruik, 'n Hindu begrafnisgebruik waarvolgens 'n weduwee haarself lewend op haar man se brandstapel offer, word deur lord William Bentinck in Brits-Indië verban.
- 1893 – Die Shangani-patrollie word deur die Matabeles uitgewis.
- 1977 – Die president van die Sentraal-Afrikaanse Republiek laat hom kroon as keiser Bokassa I.
- 1981 – Ciskei word 'n onafhanklike tuisland.
- 2014 – Chad le Clos stel 'n nuwe wêreldrekord op in die 100 m vlinderslag in 'n tyd van 48,44 sekondes tydens die kortbad-wêreldbyeenkoms in Doha.
- 2015 – President Xi Jinping van die Volksrepubliek China beloof in sy openingstoespraak by die Forum vir China-Afrika-Samewerking (FOCAC) spitsberaad, 'n bedrag van VS$ 60 miljard oor 'n tydperk van drie jaar in lenings en bystand aan die Afrika-kontinent, wat Afrika-China verhoudinge versterk.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1868 – Richard Roland Holst, Nederlandse beeldende kunstenaar († 1938).
- 1875 – Rainer Maria Rilke, Oostenrykse digter († 1926).
- 1877 – Morris Alexander, Suid-Afrikaanse Volksraadslid vir Kaapstad-Kasteel († 1946).
- 1881 – Erwin von Witzleben, Duitse generale veldmaarskalk tydens die Tweede Wêreldoorlog († 1944).
- 1892 – Francisco Franco, Spaanse militêre leier wat Spanje van 1939 tot sy dood as 'n diktator regeer het († 1975).
- 1898 – Maly Delschaft, Duitse aktrise († 1995).
- 1932 – Roh Tae-woo, Suid-Koreaanse politikus; president 1988-1993 († 2021).
- 1934 – Victor French, Amerikaanse akteur († 1989).
- 1936 – Joe Nhlanhla, Suid-Afrikaanse ANC-politikus († 2008).
- 1936 – Donnelly Rhodes, Amerikaanse akteur († 2018).
- 1949 – Jeff Bridges, Amerikaanse akteur, sanger en vervaardiger.
- 1951 – Patricia Wettig, Kanadese aktrise.
- 1954 – Tony Todd, Amerikaanse vervaardiger, en regisseur (* 2024).
- 1962 – Alexander Litvinenko, voormalige FSB-lid sterf in Londen na vermoedelike vergiftiging met polonium-210 († 2006).
- 1964 – Marisa Tomei, Amerikaanse aktrise.
- 1973 – Tyra Banks, Amerikaanse aktrise en fotomodel.
- 1984 – Lauren London, Amerikaanse aktrise.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 1131 – Omar Khayyam, Persiese digter, wiskundige, sterrekundige (* 1048).
- 1334 – Pous Johannes XXII, die 196ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1249).
- 1642 – Armand Jean du Plessis de Richelieu, Franse kardinaal en staatsman (* 1585).
- 1679 – Thomas Hobbes, Engelse filisoof (* 1588).
- 1798 – Luigi Galvani, Italiaanse natuurkundige (* 1737).
- 1850 – William Sturgeon, Britse natuurkundige en uitvinder (* 1783).
- 1893 – Allan Wilson, Rhodesiese soldaat (* 1856).
- 1899 – Dr. J.J. Kotzé, leraar van die Nederduitse Gereformeerde Kerk (* 1835).
- 1910 – Johann Heinrich Ferdinand Parow, Kaapse eiendomsmagnaat (* 1833).
- 1932 – Gustav Meyrink, Oostenrykse skrywer (* 1868).
- 1933 – Stefan George, Duitse digter (* 1868).
- 1951 – Harry Allen, Amerikaanse akteur (* 1883).
- 1975 – Hannah Arendt, Joods-Amerikaanse politieke teoretikus van Duitse afkoms. (* 1906).
- 1976 – Benjamin Britten, Britse komponis (* 1913).
- 1990 – Edward Binns, Amerikaanse akteur (* 1916).
- 1993 – Frank Zappa, Amerikaanse rockmusikant en komponis (* 1940).
- 2015 – Robert Loggia, Amerikaanse akteur en regisseur (* 1930).
- 2019 – Ockie Oosthuizen, Springbokrugbyspeler (* 1955).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met 4 December. |