Location via proxy:   [ UP ]  
[Report a bug]   [Manage cookies]                
Gaan na inhoud

Nasionale Vrouedag

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n Protes by die Universiteit van Lesotho tydens 'n vrouedag.

Nasionale Vrouedag is 'n openbare vakansiedag wat jaarliks op 9 Augustus in Suid-Afrika gevier word. Die eerste Nasionale Vrouedag het op 9 Augustus 1994 plaasgevind.[1] Die dag gedenk die nasionale optog van vroue op hierdie dag in 1956 om beswaar te maak teen wetgewing wat Swart Afrikane verplig het om 'n pas te dra. Die pas (bewysboek) was 'n spesiale dokument wat die daaglikse beweging van swart mense gedurende die apartheidsera beperk het, met die doel om wit woongebiede te beveilig.[2]

In 2006 is die optog herhaal om die vyftigjarige herdenking te vier. Baie van die veterane wat in 1956 deelgeneem het, het dié geleentheid bygewoon.

Die geleentheid

[wysig | wysig bron]

Op 9 Augustus 1956 het 20 000 vroue 'n optog na die Uniegebou in Pretoria onderneem om teen die voorgestelde wysigings aan die Groepsgebiedewet (algemeen bekend as die paswette) van 1950 te protesteer.[3]

Die optog is deur die vroueaktiviste Helen Joseph, Lillian Ngoyi, Rahima Moosa en Sophia Williams gelei. Die vroue het 'n petisie met 14 000 handtekeninge by die kantoordeure van die Eerste Minister van Suid-Afrika, J. G. Strijdom, gelos.[4]:1 Die vroue het vir 30 minute in stilte gestaan en toe 'n proteslied begin sing wat spesiaal vir die geleentheid gekomponeer is: Wathint'Abafazi Wathint'imbokodo! (As jy die vroue raak, het jy 'n rots geslaan.).[5] Sedertdien het die frase (of die huidige weergawe: "Tref jy 'n vrou, dan tref jy 'n rots!") 'n verteenwoordiging van vroue in Suid-Afrika se durf en krag geword.[6]

Beduidenis

[wysig | wysig bron]

Nasionale Vrouedag vestig aandag op belangrike kwessies wat vroue steeds in die gesig staar soos ouerskap, huishoudelike geweld, seksuele teistering in die werksplek, ongelyke betaling en onderrig vir alle meisies. Die dag kan gebruik word om hierdie sake te bevorder.[7] Te danke aan hierdie publieke vakansiedag, was daar al baie beduidende vooruitgang. Voor 1994 was daar slegs 2,7% vroueverteenwoordiging in die Parlement en net 27,7% verteenwoordiging in die Nasionale Byeenkoms. Hierdie persentasie het feitlik verdubbel met 48% verteenwoordiging in die Suid-Afrikaanse regering.[8]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. kedibone (2 Augustus 2012). "South Africa celebrates the first National Women's Day". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 November 2016. Besoek op 8 November 2016.
  2. "2016 Women's Day South Africa | South African Public Holidays Cape Town". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Oktober 2016. Besoek op 29 Oktober 2016.
  3. "The 1956 Women's March, Pretoria, 9 August". 31 Maart 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 November 2016. Besoek op 8 November 2016.
  4. Becker, Rayda (2000). "The New Monument to the Women of South Africa". African Arts. 33 (4): 1–9. doi:10.2307/3337784. JSTOR 3337784.
  5. "Department of International Relations and Cooperation – South Africa" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 4 Maart 2016. Besoek op 8 November 2016.
  6. Dawson, Ashley (12 Maart 2013). "You Strike a Woman, You Strike A Rock!" (in Engels (VSA)). Besoek op 7 Augustus 2018.
  7. "Why celebrate Women's Day in South Africa? – Nikki Bush". nikkibush.com. 19 Junie 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Oktober 2016. Besoek op 29 Oktober 2016.
  8. "Women's Month". South African Government. Besoek op 29 Oktober 2016.

Sien ook

[wysig | wysig bron]