Rooilechwe
Rooilechwe | |
---|---|
'n Rooilechwe in die Moremi-Wildreservaat, Botswana. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | K. leche
|
Binomiale naam | |
Kobus leche | |
Subspesies | |
Kobus leche leche | |
Verspreiding van die rooilechwe |
Die rooilechwe (Kobus leche) is 'n wildsbok wat in die noorde van Botswana en die Caprivistrook voorkom. Die bok staan ook bekend as 'n basterwaterbok of lechwe.
Bou en kleur
[wysig | wysig bron]Lechwes is middelslagbokke met 'n kenmerkende bou omdat die skouers laer as die kruis is. Die lyf loop dus skuins af na voor. Die bok is helder rooibruin en word al hoe ligter na onder terwyl die pens, keel en binnekante van die bene wit is. Teen die voorbene is kenmerkende donker strepe. Die hoewe is aangepas vir die nat omgewing; hulle is lank en gesprei.
Geslagsverskille
[wysig | wysig bron]Die bulle weeg tot 130 kg en die horinglengte is gemiddeld 70 cm, met 'n rekord van 88,9 cm. Die koeie weeg tot 97 kg en het nie horings nie. Die koeie se dratyd is 7 tot 8 maande met een lammetjie wat jaarliks gebore word.
Ander feite
[wysig | wysig bron]Die boksoort is kuddediere met troppe wat tussen 15 tot 30 diere groot is. Die bulle is territoritaal tydens paartyd. Die bokke kan nie vinnig beweeg op droë grond nie en as gevaar dreig vlug hulle eerder die water in. Hulle natuurlike vyande is die jagluiperd en leeu.
Fotogalery
[wysig | wysig bron]-
'n Koei in die Okavangodelta, Botswana.
-
'n Bul in die Moremi-wildreservaat, Botswana.
-
'n Kalfie in die Okavangodelta, Botswana.
-
Twee vegtende bulle in die Okavangodelta, Botswana.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere
- Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike name
- Suider-Afrikaanse soogdiere en hul ordes
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ IUCN SSC Antelope Specialist Group (2008). Kobus leche. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 10 Mei 2006.
Bron
[wysig | wysig bron]- Die Soogdiergids van Suider-Afrika. Burger Cillié. 2009. ISBN 978-1-875093-46-5
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Rooilechwe.
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir rooilechwe.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Rooilechwe