Texas
Deelstaat Texas | |||||
| |||||
Bynaam(e): The Lone Star State | |||||
Staatslied: Texas, Our Texas | |||||
Amptelike taal(e) | Geen | ||||
Gesproke taal(e) | Engels en Spaans | ||||
Hoofstad | Austin | ||||
Grootste stad | Houston | ||||
Area | 2de in die V.S. | ||||
- Totaal | 696 241 km2 | ||||
- Wydte | 1 244 km | ||||
- Lengte | 1 270 km | ||||
- Water | 17 574 km2 | ||||
- % water | 2,5 % | ||||
- Breedtegraad | 25°50'N tot 36°30'N | ||||
- Lengtegraad | 93°31'W tot 106°39'W | ||||
Bevolking | 2de in die V.S. | ||||
- Totaal | 26 965 958 | ||||
- Digtheid | 98,1/km2 26ste in die V.S. | ||||
Hoogte | |||||
- Hoogste punt | Guadalupe Peak 2 667,4 m | ||||
- Gemiddeld | 520 m | ||||
- Laagste punt | Golf van Meksiko seevlak | ||||
Toetrede tot die Unie | 29 Desember 1845 (28ste) | ||||
Goewerneur | Greg Abbott (R) | ||||
Luitenant-Goewerneur | Dan Patrick (R) | ||||
Wetgewer | Texas Wetgewer | ||||
- Hoërhuis | Senaat | ||||
- Laerhuis | Huis van Verteenwoordigers | ||||
V.S. Senatore | John Cornyn (R) Ted Cruz (R) | ||||
Tydsone | UTC-6 / Somertyd UTC-5 | ||||
Afkortings | TX US-TX | ||||
Webblad | www.texas.gov |
Texas ([ˈtɛksəs], Engels: State of Texas, Spaans: Tejas) is 'n deelstaat in die sentrale suide van die Verenigde State van Amerika (VSA) met 'n oppervlakte van 696 241 vierkante kilometer en 'n bevolking van 26,9 miljoen.[1]
Die administratiewe hoofstad is Austin, die grootste stad is Houston en die grootste metropolitaanse gebied is Dallas/Fort Worth/Arlington. Texas is sowel ten opsigte van sy oppervlakte asook sy bevolking die tweede grootste Amerikaanse deelstaat – slegs Alaska het 'n groter oppervlakte, en net Kalifornië se inwonertal oorskry dié van Texas. In administratiewe opsig het geen ander deelstaat meer counties of administratiewe distrikte as Texas (254).
Die bynaam van Texas, Lone Star State, verwys na die historiese feit dat Texas reeds voor sy toetrede tot die Unie as 'n onafhanklike republiek bestaan het. In geskiedkundige en kulturele opsig het Texas, onder meer vanweë die geskiedenis van sy kolonisasie en sy lidmaatskap in die Konfederasie, nou bande met die Amerikaanse Suide. As 'n voormalige Spaanse en Meksikaanse besitting behoort die deelstaat egter ook by die Amerikaanse Suidweste.
Spanje was die eerste Europese land wat aanspraak op Texas gemaak het, en tot die einde van die Texaanse Onafhanklikheidsoorlog in die jaar 1836 het dit 'n deel van Meksiko gevorm. Tussen 1836 en 1845 het Texas as 'n onafhanklike republiek bestaan en daarna as 28ste deelstaat by die VSA aangesluit. Die Amerikaanse anneksasie van Texas was deel van die gebeurtenisse wat uiteindelik die aanleiding tot die Meksikaans-Amerikaanse Oorlog en die Amerikaanse Burgeroorlog gegee het. Met die ontdekking van ruolie in die vroeë 20ste eeu het die vinnige ekonomiese ontwikkeling van Texas begin. Vandag beskik die deelstaat oor 'n gediversifiseerde ekonomie met 'n groeiende hoëtegnologiebedryf as sy basis.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Table 1. Annual Estimates of the Resident Population for the United States, Regions, States, and Puerto Rico: April 1, 2010 to July 1, 2014" (in Engels). U.S. Census Bureau. 24 Desember 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike (CSV) op 17 Junie 2016. Besoek op 15 Februarie 2015.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Toerisme
- Geskiedenis
Verenigde State van Amerika | ||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|