Kritici is van mening dat feministiese literatuurkritiek juis deur die ‘feministiese lees’ van ʼn ... more Kritici is van mening dat feministiese literatuurkritiek juis deur die ‘feministiese lees’ van ʼn teks en die gevolglike fokus op spesifiek ‘vroulikheid’, die gelykheid van geslagte ondermyn. Dit speel met ander woorde in op die ongelykheid tussen mans en vroue soos dit voorkom binne literêre teorie, deurdat dit die gaping tussen manlike en vroulike skrywers en lesers vergroot. Hierteenoor voer Showalter (in Vorster, 2013: 41) egter aan dat feministiese literatuurkritiek ʼn beduidende rol speel, deurdat dit dien as weerspieëling van die alternatiewe wyse waarop tekste gelees en geïnterpreteer kan word, asook die belangrikheid van die teenwoordigheid van vroulike skrywers en lesers in literêre teorie. Hierdie opstel het vervolgens ten doel om die vroulike liggaam, taal, en seksualiteit te bespreek, met spesifieke verwysing na die verskynsel van écriture féminine, oftewel ‘vroulike skryfwerk’, soos verstaan deur die Franse Feminisme. Hierdie bespreking sal aan die hand van die eerste afdeling van Antjie Krog se Verweerskrif (2006) geskied.
In die Lacaniaanse benadering tot die Psigoanalise speel identiteit en die invloed wat taal daaro... more In die Lacaniaanse benadering tot die Psigoanalise speel identiteit en die invloed wat taal daarop het, ʼn beduidende rol. Lacan plaas veral klem op die rol van taal in die aanhoudende wisselwerking tussen die identiteitskeppingsproses van die subjek en die simboliese orde. Na aanleiding hiervan is Sienaert (1991: 26) van mening dat Lacan se spieëlfase as ʼn belowende hipotese vir die skepping en vestiging van identiteit beskou kan word. Vervolgens sal daar in hierdie opstel gebruik gemaak word van die Lacaniaanse begrip van identiteit as moontlike raamwerk vir die interpretasie van Jan Rabie se kortverhaal “Baie” uit 21+ (2000). Die kortverhaal sal gestiplees word ten einde hierdie interpretasie te illustreer. Daar sal gefokus word op die teenstrydigheid tussen die hoofkarakter, mnr Wallis, se ‘persoonlikhede’ en sy identiteit as volksraadlid, met spesifieke verwysing na die wyse waarop hierdie persoonlikhede deur middel van die twee spieëls in sy kamer aan die leser bekend gestel word, en die aard van die getuies waarna daar deur die loop van die verhaal verwys word.
Die tagtigerjare het ʼn keerpunt vir Afrikaanse kultuur in apartheid-Suid-Afrika gemerk. Veral jon... more Die tagtigerjare het ʼn keerpunt vir Afrikaanse kultuur in apartheid-Suid-Afrika gemerk. Veral jong Afrikaanse skrywers en musikante het gedurende hierdie tydperk in opstand gekom teen die oortuigings van die monolitiese Afrikanerhoofstroomkultuur. Vervolgens is hierdie verwerping van die hoofstroom en die gevolglike poging om ʼn alternatiewe identiteit te skep, deur die media bestempel as die Alternatiewe Afrikaanse Beweging. Hagen voer in haar magisterverhandeling, “Kulturele identiteit: die ‘Alternatiewe Afrikaanse Beweging’ van die tagtigerjare” (1999), aan dat hierdie opstand as ʼn moreel-kritiese bevraagtekening van die Suid-Afrikaanse samelewing van die tyd beskou kan word. Na aanleiding hiervan word daar in hierdie opstel gefokus op die wyse waarop Malan Steyn se drama Johnny is nie dood nie (2011) gelees kan word as ʼn kritiese beskouing oor diegene wat hulle beywer het vir hierdie Alternatiewe Afrikaanse Beweging.
Boehmer (in Duncan, 2013) is van mening dat die geleidelike disintegrasie van die apartheidstaat ... more Boehmer (in Duncan, 2013) is van mening dat die geleidelike disintegrasie van die apartheidstaat in die 1980’s, die Suid-Afrikaanse samelewing laat verval het in ʼn diep-gesetelde vrees vir die onsekerheid wat die toekoms ingehou het. Die vrees wat gedurende hierdie periode oftewel hierdie ‘interregnum’, soos dit deur Gordimer (in Duncan, 2013) benoem is, geheers het, het dan veral in die letterkunde neerslag gevind. Daar is gevolglik al hoe meer aandag gewy aan temas wat die liminale posisie van die Suid-Afrikaanse samelewing in die letterkunde aangespreek het. Vervolgens sal daar in hierdie opstel gebruik gemaak word van die teorie aangaande liminaliteit soos dit weerspieël word in die Gotiek, ten einde ʼn moontlike lesing van Reza de Wet se debuutdrama, Diepe Grond, voor te stel. Daar sal spesifiek gefokus word op die interaksie tussen die karakters, Frikkie, Soekie en Grové, ter illustrasie van die verskuiwing van die grense tussen verlede en hede; reële en imaginêre; geestesgesondheid en waansinnigheid, en die Self en die Ander (Duncan, 2013).

Uploads
Drafts by Elzanne Coetzee