Location via proxy:   [ UP ]  
[Report a bug]   [Manage cookies]                
‟n ‟n ref dit wat hulle bespotlik wil voorstel. “The Beans” handel byvoorbeeld oor iemand wat ‟n ‟n ‟ ‟n geneem. In “The Director” word ‟n ‟n ‟n ‟ “nogal amusante” stories. Dikwels lees ‟n – Idiosinkratiese taalgebruik mis teiken(gehoor) Aucamp, Hennie. 2011. Ghoera: Afrika-verse vir kinders. Pretoria: Protea Boekhuis. 70 p. Prys: R135,00. ISBN 978-1-86919-453-6. Resensent: J. van Niekerk Departement Afrikaans, Universiteit van Pretoria Met Ghoera het Hennie Aucamp hom ten doel gestel om ‟n hele aantal Afrikastories (oorsprongsmites en ander volksverhale) in rymvorm vir kinders weer te gee. Sommige verhale sal vir lesers bekend wees, soos “Hoe Tarentaal sy spikkels gekry het” (p. 47) of 196 ISSN 0258-2279 Literator 32(3) Des./Dec. 2011:149-199 Resensies / Reviews “Die uil en die tinktinkie” (p. 55), maar talle sal ook vir die gemiddelde leser onbekend wees. Aangesien ‟n groot hoeveelheid van die tekste Boesmanverhale is, gaan sommige lesers onmiddellik aan ‟n teks soos Antjie Krog se Die sterre sê „tsau‟ (2004) dink. Tussen verwerkings soos dié van Krog en andere staan Aucamp se Ghoera egter uit: nie net as gevolg van ‟n groter verskeidenheid brontekste nie, maar veral omdat hy gekies het om sy gedigte in die vorm van vierreëlige strofes te skryf met ‟n abcb-rymskema. Aucamp noem dat hierdie versameling “van meet af aan vir kinders bedoel” was (p. 67) aangesien hy die berymings begin skryf het vir Riana Scheepers en Suzette Kotzé-Myburgh se Nuwe kinderverseboek (2009). Aucamp het vir die materiaal in Ghoera van die bekende Bleek en Lloyd-versameling gebruik gemaak (soos ook Krog en talle ander). Hy maak ook gebruik van ou optekenings van Korannaverhale, Bantoeverhale en selfs van P.J. Schoeman se Jagters van die Woestynland (1951) – en natuurlik ook van G.R. von Wieligh se vierdelige Boesmanstories en Dierestories soos deur Hotnots vertel. (‟n Mens is dankbaar vir die baie volledige bibliografie agter in die bundel.) Die nawoord tot Ghoera, waarin Aucamp onder andere pleit vir “‟n wetenskaplike diskoers [...] oor die invloed wat inheemse stories op Afrikaans en op die verbeelding van geslagte en geslagte kinders gehad het” (p. 67) dien as ‟n goeie motivering om in die 21e eeu opnuut pogings aan te wend om Afrikaanse kinders te laat kennis maak met die verhale van die inheemse kulture van Suid-Afrika. Ghoera slaag helaas nie volledig in sy doel nie – ten minste nie ten opsigte van sy teikengehoor nie. Die rymende, hoofsaaklik kort gedigte is oënskynlik op kinders afgespits, maar myns insiens sal volwassenes (en dan boonop diegene met ‟n goeie algemene kennis) byna uitsluitlik dié wees wat werklik genot uit Aucamp se berymings put. Hoewel daar ‟n aantal tekste is wat leesbaar en vermaaklik is, is nie al die tekste in die bundel onderhoudend en verstaanbaar geskryf nie. Soms is die kontekstuele kennis wat vereis word asook die taalgebruik eenvoudig te moeilik vir kinders van haas enige ouderdom, byvoorbeeld in “Die eerste eland” (p. 28) met die verhaal van Kaggen en die gebruik van woorde soos “kanette”. Die tweede gedig in die bundel, “‟n Storie oor die son” (p. 14), bevat ‟n onverwagte verwysing na Eskom (“Met Eskom, vriende, aan en af, / weet ons nou ook van duister”). Vir volwassenes wat dit nóú lees, lê die bekende tydperk van beurtkrag nog vars in die geheue, maar gaan dit noodwendig oor vyf of tien jaar nog die geval wees? Die gedig pas nie by die algemene strekking van die bundel in nie, want nêrens anders word onlangse aktualiteite Literator 32(3) Des./Dec. 2011:149-199 ISSN 0258-2279 197 Resensies / Reviews by die tekste ingewerk nie. Hierdie feit tel in die bundel se guns, nie omdat die illusie van tydlose artefakte geskep moet word nie, maar eenvoudig omdat die bronmateriaal juis relatief oud is. ‟n Opmerking in ‟n ander gedig, “Die wind” (p. 18), kom eweneens vreemd voor. Die gedig begin met ‟n verwysing na Windvogelberg wat kennelik na ‟n Boesmankaptein vernoem is en vra die vraag waarom die kaptein só sou geheet het – voordat die laaste twee strofes verduidelik wie en wat die Windvoël eintlik is. Die tweede strofe lui: “Waar kom die kaptein aan sy bynaam? / Seker deur wittes gegee / wat selde genoeg aandag aan sprokies / van donker kulture bestee.” Hoewel hierdie opmerking in die kol is, kom dit bra droog en akademies voor in ‟n teks wat, soos reeds aangedui, vir kinders bedoel is. Kinders sal waarskynlik uiteindelik nie die strekking van hierdie ietwat deurmekaar gedig snap nie en ook nie hierdie selfrefleksiewe uitspraak verstaan nie. Boonop is die term donker kulture ook allermins iets wat kulturele sensitiwiteit bevorder. ‟n Laaste werklik opvallende kritiek is die verwysing na “chacmakese” in “Weerklank van die klowe” (p. 24-25) – hoeveel lesers ken die wetenskaplike naam vir die Kaapse bobbejaan? Uit bogenoemde blyk waarskynlik my basiese beswaar teen Aucamp se berymings: sy taalgebruik is te idiosinkraties en ouderwets om werklik tot sy gehoor te spreek. Enkele voorbeelde van woorde wat tot ‟n ouer woordeskat behoort, is “gevogeltes” (p. 19), “ylings” (p. 26), “droesem” (p. 27) en “hy drink hom bekoms” (p. 36). Hiermee pleit ek glad nie vir ‟n verskraling van die Afrikaanse woordeskat nie, maar ek reken dat daar gepaster maniere is om ouer woorde aan nuwe lesers bekend te stel – desnoods met voetnote, selfs vir die titel, want die deursnee Afrikaanse kind weet nie wat ‟n ghoera beteken nie. Sommige tekste beskou ek wel as geslaagd soos “Son en maan” (p. 13), “Die melkweg” (p. 17), “Sankaambe, die skilpad-towenaar” (p. 26) en andere. Hierdie tekste is egter nie genoeg om die bundel in die geheel ‟n sukses te maak nie. Die herhaalde gebruik van dieselfde rymskema dreig boonop om eenselwigheid aan die gedigte te verleen. Ek beskou die konsep van Aucamp se bundel as ‟n uiters waardevolle en toeganklike manier om ‟n nuwe geslag kinders (en hulle ouers) aan ‟n ander verhaalskat as net die Grimm-broers en Hans Christian Andersen voor te stel. Ek wil die outeur en uitgewers ook loof vir die erkennings wat bo-aan feitlik elke teks verskaf word (soms net die algemene oorsprong van ‟n verhaal, maar soms die 198 ISSN 0258-2279 Literator 32(3) Des./Dec. 2011:149-199 Resensies / Reviews naam van die verteller en dié wat dit opgeteken het) wat strook met hedendaagse tendense in die bewaring van orale literatuur. Dit is ook duidelik uit werk wat Aucamp vantevore gelewer het en sy belangstellings dat hy op die oog af ‟n goeie keuse was vir hierdie versameling. Dit sou egter raadsaam gewees het om ‟n medewerker te kry wat kinderboekervaring het, aangesien die kuns om vir kinders te kan skryf iets is wat nie onderskat moet word nie. Literator 32(3) Des./Dec. 2011:149-199 ISSN 0258-2279 199