Location via proxy:   [ UP ]  
[Report a bug]   [Manage cookies]                
Weg! Platteland

Ons wag op die reën…

Moeg

Vandag waai die wind weer in die Boesmanland. Nie ’n vars bries nie, maar ’n warm, stowwerige wind. En ek is moeg. Moeg vir die stof en die droogte. Moeg vir sê dit gaan goed al voel jy nie so nie. Moeg vir lammers sonder ma’s. Moeg vir honger skaap en voer gee. Moeg vir goedkoper voer soek en planne maak. Moeg vir hoor daar is nêrens lusern nie – en as jy uiteindelik kry, kan jy dit in elk geval nie bekostig nie. Moeg vir nie oplossings vind nie. Moeg vir altyd positief wees. Moeg vir die kinders preek oor dink aan die dag van môre. Soms wil ’n mens mos net die hele pak lekkers vandag opeet en nie bekommerd wees oor môre nie. Moeg vir jou bes probeer om alles te red. Moeg vir die dooie skaap. En nee, hulle is nie dood omdat jy nie vir hulle kos gee nie, maar omdat hulle skynbaar net hulle lus vir die lewe verloor. Moeg vir plig en verantwoordelikheid. Moeg vir nie van die huis af weggaan nie, omdat jy bang is daar gaan iets fout op die plaas as jy nie daar is om nog planne te maak nie. Moeg vir jaar ná jaar hoor daar sal uitkoms kom en wonder of jy nog hier sal wees om daardie dag te sien. Moeg vir seëninge soek om te tel en dinge te soek om voor dankbaar te wees. Sommer net moeg.

Dalk waai die wind nie môre in die Boesmanland nie, en dan gaan lê die stofwolk wat oor my gemoed hang, sommer ook…

Die Boesmanland het haar doodskleed aan, en oor haar gesig is ’n sluier van stof getrek. Sy rou oor die reën wat wegbly en haar diere wat omkom. Net die mismoedige weeklaag van ’n windpomp verbreek die doodse stilte – ’n vrugtelose poging om ’n druppel water diep uit die verskroeide aarde te suig. Die genadelose son bak op die kaal vlaktes neer.

Tog is hier nog lewe.

’n Troppie maer skape en ’n paar waaierstertmeerkatte hou die pad aandagtig dop. ’n Bondel kraaie hou ’n jolige partytjie om die karkas van nóg ’n droogteslagoffer. ’n Paar mismoedige springbokke kou aan die dooie bossies… Dan, skielik, is dit asof alles begin lewe. Die meerkatte staan regop, die skape begin blêr en daar verskyn ’n swerm voëljies uit die niet. Iewers op ’n sinkplaattweespoorpaadjie hoor hulle die gerammel van ’n oorlaaide plaasbakkie wat voer bring.

My naam is Chrismari van der

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland1 min read
TEKEN NOU IN En Betaal R75 Per Tydskrif
40% AFSLAG* TEKEN SÓ IN OP DIE GEDRUKTE TYDSKRIF • 087 353 1300 (vir plaaslike oproepe) of +27 21 065 0033 (vir buitelandse oproepe) • subs@media24.com • WhatsApp 087 353 1333 • SMS “plattelandint” na 32361 en ons kontak jou (SMS’e kos R1,50; gratis
Weg: Platteland1 min read
Weg! Platteland
REDAKTEURS JOHAN VAN ZYL & PETER VAN NOORD helloplatteland@gmail.com KUNSHOOF SEAN ROBERTSON SOSIALE MEDIA VILIEN COETZEE UITVOERENDE HOOF: MEDIA24 ISHMET DAVIDSON ALGEMENE NAVRAE YUMNA TOFEY yumna.tofey@media24.com 021 021 406 2205 HOOFBESTUURDER: L
Weg: Platteland2 min read
Ons Gaan Dorp Toe!
Creative Air Bonsai bestaan uit ’n Tillandsia butzii-lugplant wat aan ’n koperstafie in ’n handgemaakte kiaatraamwerk hang R450 Evok evok.co.za Handgemaakte seep in die geure laventel, olyfolie, granaat-en-salie en blom, en Farmhouse-seep R42 elk Lyf

Related