1 ‘HIER IS JOU ONTBYT-REKENING, LIEFIE’
Dit gons oor die Kanadees Maddy Blythe se onthulling dat haar kêrel vir haar rekeninge gestuur het vir dinge soos ontbyt
Daar is net geen manier dat ek dit sal duld nie! Ek sal die tweede keer by sy huis gaan kuier met my eie piekniekmandjie. En die derde keer sal ek saam met my nuwe kêrel daar opdaag.
MARONCHA
Vroue spog graag hoe onafhanklik hulle is. Maar dan het hulle ’n probleem daarmee as die rekening gedeel word. Dis nie 1950 nie. Kies: óf jy’s “onafhanklik” en die verhouding is 50-50, óf dis ’n tradisionele verhouding.
JEVON
Jevon, presies. Dis nie 1950 nie. Ek sal alles 50-50 betaal soos tans. Mans kan gerus ook 50-50 gaan op huiswerk en kinders. As hy verwag sy moet betaal, moet hy ook bereid wees om agter sy eie bas skoon te maak.
MADRI
Moenie eens wegloop van so ’n mens af nie