1 OM ’N LEWE METWAAR-DIGHEID AF TE SLUIT
Carol de Swardt leef sedert 2010 in pyn. Haar besluit om ná die feestyd haar lyding in Switserland te beëindig, het wettige bystandsdood opnuut belig
Dis so hartseer dat sy ver weg van alles moet sterf. Dit moet ’n opsie in ons eie land wees. Ons het die reg om te besluit om in ons eie ruimte, omring deur geliefdes, te sterf wanneer daar geen kwaliteit van lewe is nie.
BIEBOB
My ma is aan kanker dood, maar het nooit haar wil om te lewe verloor nie. Dis hartseer dat dié opsie wat “waardigheid” aangaan, net toeganklik is vir mense wat dit kan bekostig. Dit is nie ’n opsie wat ek sal oorweeg nie.
HEIDI
Almal wat wil oordeel, gaan lees Simson se storie. God self het hom die krag gegee om sy eie lewe te neem. Jy kan vir mense lief wees sonder om hul keuses te ondersteun. Baie sterkte aan die familie wat agterbly.
MARZANNE
Daar is hóéveel mense