Location via proxy:   [ UP ]  
[Report a bug]   [Manage cookies]                

Alliterasie, ook letterrym of stafrym genoem, verwys na die beginklanke van twee of meer beklemtoonde lettergroepe in 'n uitdrukking of vers wat dieselfde klink. Alliterasie word dikwels deur digters gebruik om woorde te laat rym.

Alliterasie word soms verkeerdelik beginrym genoem, 'n term wat nie 'n vaste omskrywing in die literatuurwetenskap het nie, maar eerder na voorrym of na die stylfiguur anafoor verwys.

Voorbeelde

wysig

Voorbeelde van allitererende woorde:

  • bedien - gedoen
  • dier - dame
  • droom - dorp
  • heerlik, helder Heineken
  • vriendelike - vriend

Uitdrukking wat van alliterasie gebruik maak:

  • in rep en roer
  • lief en leed
  • man of muis
  • met huid en haar
  • nog kind nog kraai
  • nog vis nog vlees
  • verras vriend en vyand