Bismarck
- Die artikel handel oor die stad, vir inligting oor die gelyknamige skip, sien Bismarck (skip).
Bismarck is die hoofstad en tweede grootste stad van die deelstaat van Noord-Dakota. Dit het 'n bevolking van sowat 55 532 mense (grootstadsgebied: 94 719). Bismarck is geleë aan die oosoewer van die Missouririvier.
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Verenigde State |
Deelstaat | Suid-Dakota |
Koördinate | 46°48′N 100°46′W / 46.800°N 100.767°W |
Gestig op | 1872 |
Geïnkorporeer op | |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 71.0 vk km |
Hoogte bo seevlak | 514m |
Bevolking: | |
- Totaal (2005) | 55 532 |
- Bevolkingsdigtheid | 797.4//vk km |
- Metropolitaanse gebied | 94 719 |
Tydsone | EST (UTC -6) Somertyd: PDT (UTC -5) |
Klimaat | |
- Tipe | |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | 393 mm |
Burgemeester | Steven Bakken |
Amptelike Webwerf | www.bismarck.org |
Geskiedenis
wysigDie stad het in 1873 ontstaan en was eers Edwington genoem maar is 'n paar maande later vernoem na die Duitse staatsman Otto von Bismarck. Dit was gedoen om Duitse investering in die Northern Pacific Railroad aan te moedig. Die stad was ook die verskaffing sentrum vir Fort Abraham Lincoln waar Custer gebaseer was. Dit was ook die plek van waar die Black Hills goudstormloop begin het. In 1883 het Birmarck die hoofstad van Dakota Gebied geword en dit het die hoofstad geword van Noord-Dakota tot die Dakota gebied herverdeel was in 1889.
Die Lewis-en-Clark-ekspedisie het hier oorwinter op hulle tog in 1804.
Klimaat
wysigDie winters in Bismarck is koud en lank met jaarlikse sneeuvalle. Die somers is dikwels baie warm en vogtig.
Bron
wysig- Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 4, Bladsy 224.
Hoofstede van die Verenigde State | ||||
---|---|---|---|---|
|