Jacobus du Plessis
Prof. Jacobus Albertus du Plessis (Rustenburg, 23 Oktober 1873 – Potchefstroom, 28 Februarie 1935) was ’n Gereformeerde hoogleraar in teologie en predikant in twee gemeentes, Reddersburg en Pretoria.
Jacobus du Plessis | |
Jacobus du Plessis
| |
Naam | Jacobus Albertus du Plessis |
---|---|
Geboorte | 23 Oktober 1873 Rustenburg |
Sterfte | 28 Februarie 1935 (op 61) Potchefstroom |
Kerkverband | Gereformeerde Kerk |
Gemeente(s) | Reddersburg, 1903–1914 Pretoria, 1914–1921 |
Jare aktief | 1903–1921 |
Kweekskool | Burgersdorp |
Herkoms
wysigDu Plessis was die seun van ds. Lodewicus Johannes du Plessis en sy vrou, Martha Gerbrechta Smit, en 'n kleinseun van I.D. du Plessis en sy vrou, Hester Venter, stigters van die Gereformeerde kerk Colesberg op hul plaas Hamelfontein. Sy broer Dirk het ook 'n Gereformeerde predikant geword. Jacobus matrikuleer op Colesberg, waar sy vader predikant was van 1880 tot 1894, en studeer in die Literariese Departement van die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerk op Burgersdorp. In 1895 behaal hy die B.A.-graad van die Universiteit van die Kaap die Goeie Hoop en die jaar daarop word hy professor litterarum aan die Teologiese Skool en dien in dié hoedanigheid tot 1902 toe hy die kandidaateksamen aflê. Tydens die Tweede Anglo-Boereoorlog (1899–1902) was hy veldprediker en ambulansverpleger by die Boerekommando’s.
Op Reddersburg
wysigNá sy ampstyd in Burgersdorp is Du Plessis op 18 Desember 1903 as predikant van die Gereformeerde kerk Reddersburg bevestig waar hy gedien het tot Julie 1914. Hy neem aktief deel aan die politiek en organiseer vir die Nasionale Party vir watter instansie hy ’n beginselprogram opstel. Hy bring hier ook ’n CNO-skool tot stand en staan midde-in die stryd vir Christelik-nasionale Onderwys. Die dienstyd van ds. Du Plessis is gekenmerk deur ’n groot ywer vir die onderwys, ’n langdurige beraadslaging oor art. 27 D.K.O., reformering van die kerklike lewe en ’n konsolidering van die gemeente. Deur sy bemoeiing het die kerkraad en die gemeente daartoe oorgegaan om in Januarie 1906 ’n Vrye Christelike Nasionale Skool op te rig. ’n Vereniging, genoem die Vereniging vir Vrye Christelike Nasionale Onderwys, is in die lewe geroep om die skoolsaak te behartig. As hoofonderwyser van hierdie skool is die heer J.B. Jansen van Ryssen, die vader van ds. Johan van Ryssen, aangestel met mej. Aletta Postma (die vyfde kind uit die vyfde huwelik van ds. Dirk Postma, later mev. Aletta du Plessis en die moeder van prof. Wicus du Plessis[1]) as assistente. Die bestaan van die skool was egter van korte duur, want in Julie 1908 is op die kerkraadsvergadering gerapporteer dat die CNO-skool met die goewermentskool geamalgameer is.
Die gedagte is egter nie prysgegee nie, want met die 50-jarige fees van die gemeente in 1909 was die gedagte sterk op die voorgrond om die CN0-skoolgebou af te staan vir ’n onderwysersopleidingskollege.
Die invoering van art. 27 D.K.O. het ’n paar jaar van onrus in die gemeente veroorsaak. Selfs die sinodebesluit van 1907 kon die moeilikheid nie oplos nie. Eindelik moes die kerkraad maar weer afsien van die toepassing van art. 27. Toe is heelwat ongereformeerde praktyke afgeskaf. Tot dusver was daar vasgestelde doop- en belydenisgelde. Dit word nou heeltemal opgehef, asook die woord “aanneme” word in die ban gedoen, hoewel dit nog baie jare lank nie uitgesterf het nie. Verder is gemeentelike samekomste weer ingevoer, ’n Christelike biblioteek is opgerig en ’n sangvereniging, en geleidelik is die orrel ook in die kerk ingebring. Behalwe dienste op Reddersburg, moes ds. Du Plessis ook nog gereeld dienste waarneem op Dewetsdorp, Edenburg, Trompsburg, asook Wepener en soms Thaba ’Nchu. In 1912 is op Trompsburg ’n kerkgebou opgerig. Dit het meegebring dat daar dikwels leesdienste op Reddersburg moes plaasvind.
In Pretoria
wysigGedurende die tydperk van sy bediening in Pretoria (1914–1920) word hy ontroer deur al die leed van broedertwis wat deur die uitbreek van die Rebellie (1914) veroorsaak word, veral insidente soos die fusillering van Jopie Fourie en sy besoeke aan rebelle in die Sentrale Gevangenis. Die griepepidemie van 1918–1919 bemoeilik sy taak verder.
Hoogleraar
wysigIn 1921 word Du Plessis hoogleraar aan die Teologiese Skool op Potchefstroom. Hoewel hy hier oorlaai is met doseerwerk in die vakke Kerkgeskiedenis, Kerkreg en Eksegese van die Nuwe Testament, vind hy tyd om Die Kerkblad van 1923 as mederedakteur te behartig en as hoofredakteur van 1927 tot sy dood. Hierdie blad getuig van sy belesenheid en sy kritiese sin. Tekenend hiervan is sy polemiek met prof. John du Plessis van Stellenbosch en sy rubriek Uit en oor die pers. Hy help ook met die vertaling van die Bybel in Afrikaans, dien in die kommissie vir die Afrikaanse Psalmberyming en die bewerking van die Kerkorde van die Gereformeerde Kerk in Afrikaans. Begaafd met ’n fyn humorsin en met ’n lewensbeskouing wat in die Calvinisme sy sterk ankers het, was hy altyd die simbool van standvastigheid. Hy is op Potchefstroom begrawe.
Du Plessis is die skrywer van Op die spore van die Calvinisme in ons maatskaplike en staatkundige lewe (Potchefstroom, 1916), Nuwe Testamentiese profetisme — inougurele rede (Potchefstroom, 1921), Die Gereformeerde Kerk en kerkregering gehandhaaf teen prof. J. du Plessis (Bloemfontein, 1925), Misterie in die religie — rede by die oordrag van die rektoraat (Bloemfontein, 1927), Stille Sondagure (Pretoria, 1941) en Geskiedenis van die Christelike Kerk vir katkisasie (Kalvyn Jubileum Boekefonds, s.j).
Gesinslewe
wysigIn 1896 trou ds. Du Plessis met Laurika Postma en ná haar dood op 4 Maart 1905 (en dié van hul dogter, ook Laurika, op 18 Maart daardie jaar) met Aletta Postma, albei dogters uit die vyfde en laaste huwelik van ds. Dirk Postma. Uit die eerste huwelik is sewe kinders gebore en uit die tweede agt. Sommige kinders is jonk oorlede. Van die seuns het Lodewicus Johannes, die oudste, en Hugo bekendheid verwerf as hoogleraars aan die PU vir CHO. Ida Bosman, 'n dogter uit die tweede huwelik, was 'n leier onder die vroue van die Gereformeerde Kerk en 'n vaste medewerker aan Die Vroueblad.
Bronne
wysig- (af) Postma, J. in Venter, ds. A.A. (hoofred.). 1957. Almanak van Die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1958. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Krüger, prof. D.W. en Beyers, C.J. 1977. Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek Deel III. Kaapstad: Tafelberg-Uitgewers Bpk.
Verwysings
wysig- ↑ (en) Besonderhede op Geni.com. URL besoek op 29 Januarie 2015.
Sien ook
wysig- Hester Venter, sy grootmoeder
Galery
wysig-
Die studente en dosente van die Teologiese Skool in 1892. Voor: J. Kruger, G. Kruger, J.A. du Plessis, J. Henning, G. du Plessis, D. Heystek, J. van der Walt. Middel: J. de Klerk, J.A. van Rooy, prof. Jan Lion Cachet, prof. S. Postma, K. Coetsee, J. Malan, P. van der Walt. Agter: J. van der Walt, J. Kruger, W.J. de Klerk, W. Postma, J. Scheepers, P. van Wyk, J.C. Krüger, P. Coetsee, P.C. Snyman.
-
1895: Professore en studente van die Teologiese Skool op Burgersdorp. Voor: J. du Plooy, Ferdinand Postma, J. Kruger, Willem de Klerk, W. Rörich, P. Lion Cachet, J. Coetzee, ene Venter. Middel: Jacobus du Plessis, Flippie Snyman, prof. Stephanus Postma, prof. Jan Lion Cachet, Willem Postma, J.C. Krüger, J.G.H. van der Walt. Agter: Dirk Postma, ene Heystek, D. van der Walt, G.H.J. Kruger, W. Henning, A. Henning, J. de Klerk, onbekend, H. de Klerk, C.W. van der Walt, D. Maré en J. Diepraam.
-
1897: Professore en studente van die Teologiese Skool op Burgersdorp. Ferdinand Postma, P. Coetzee, J. Venter, Wardaugh, P. Lion Cachet, Willem de Klerk, W. Henning, J.P. van der Walt, J. Pretorius. Middel: G.H.J. Kruger, J.D. du Toit, P.C. Snyman, J.A. du Plessis, prof. J. Lion Cachet, prof. S. Postma, J. Krüger, J.G.H. van der Walt. Agter: C. Pretorius, J. Maré, ene Faul, H. de Klerk, L.J. du Plessis (begin 1969, met die skool se eeufees, die oudste [89 jaar] nog lewende oudstudent van die Teologiese Skool en woonagtig te Reddersburg, seun van ds. L.J. du Plessis), J. du Plessis, F. Henning, J. du Plooy, C. van der Walt, N.H. van der Walt, D. Postma.
-
1899: Professore en studente van die Teologiese Skool. Voor: J. van der Linde, T.N. Venter, W. Viljoen, D. Kruger, A. du Toit, H. Kruger, A.P.C. Duvenage, Smit, Snyman. Middel: (van links) Ferdinand Postma, Flippie Snyman Jan Lion Cachet, Jacobus du Plessis, Willem de Klerk, Dirk Postma en Hendrikus Pasch. Agter: J. van der Heever, H.J.R. du Plessis, J.C. Venter, D.P. du Plessis, J.P. van der Walt, N. van der Walt, J.H. Kruger, J. Venter, P. Lion Cachet, N.H. van der Walt, C. Pretorius, J. van Rooy, Japie Maré, J. du Plooy, H. de Klerk, J. Kruger, D. Lessing.
-
1903: Professore en studente van die Gereformeerde Kerk se Teologiese Skool. Voor: H.J.J. van der Walt (eerste hoof van die driedelige onderwysinrigting op Steynsburg), I.D. Krüger, J.C. van der Walt, H.D. Lessing, H.J. van der Walt, F.J. Jooste, C. Riekert, J.J.A. Coetsee. Middel: H.J.R. du Plessis, T.N. Venter, N.H. van der Walt, prof. Jacobus du Plessis, prof. J. Lion Cachet, prof. P.C. Snyman, D. Postma, A.P.C. Duvenage, H.P.J. Pasch. Agter: J. Kruger, J. Duvenage, D. Kruger, B.R. Grobler, J. Coetzee, P. du Plooy, A. Coetzee, P.W. Bingle.
-
Die Algemene Sinode in sitting te Middelburg, Kaap, 1904, waartydens besluit is om die Teologiese Skool Burgersdorp na Potchefstroom te verplaas. Voor: (vyfde van links) G.H.J. Kruger. Eerste ry op stoele: (vyfde van links) ds. A.J.J. de Klerk Coetsee, oudl. G. Henning, J.G.H. van der Walt, L.J. du Plessis, prof. Jan Lion Cachet, Petrus Postma, J.D. du Toit, P.C. Snyman, Taetse Hamersma. Eerste ry staande: (sesde van links) Willem Postma, Martinus Postma, J.A. van Rooy, onbekend, prof. Jan Kamp, W.J. de Klerk, J.C. Krüger, J.A. du Plessis, W.J. Snyman, Dirk Postma.
-
1904: Die Algemene Sinode van die Gereformeerde Kerk in sitting op Rustenburg. Eerste ry: Di. Willem de Klerk, Flippie Snyman, J.G.H. van der Walt, Totius, G.H.J. Kruger. Tweede ry: Di. Martinus Postma, Petrus Postma, prof. Jan Lion Cachet, di. L.J. du Plessis, W.J. Snijman. Derde ry: Di. T. Hamersma, Willem Postma, Louis Vorster, Dirk Postma, J.A. van Rooy en prof. Du Plessis.
-
1905: Algemene Vergadering van die Gereformeerde Kerk in die OVS op Ladybrand. In die twee ry sit vanaf vierde van links: ds. J.C. Kruger, onbekend, Louw du Plessis, Willem Postma en Jacobus du Plessis.
-
1907: Voorste ry (derde van links) T.N. Venter. Tweede ry (van links): J.H. Kruger, Jacobus du Plessis, Koos van Rooy, Willem Postma, ses kerkraadslede, J.G.H. van der Walt, T.N. van der Walt. Derde ry: Vyf kerkraadslede, Martinus Postma, Louis Vorster, Willem Johannes de Klerk, Dirk Postma, prof. Jan Lion Cachet, W.J. Snyman, Louw du Plessis, Taetse Hamersma. Vierde ry: Twee kerkraadslede, H.J.R. du Plessis.
-
1910: Die Algemene Sinode van die GKSA wat op Reddersburg vergader het. Voor: Di. J.A. Van Rooy, Martinus Postma, Petrus Postma, W.J. Snyman, prof. Jan Lion Cachet, di. L.J. du Plessis, Louis Vorster, Pieter Biewenga. Tweede ry: Di. J.G.H. van der Walt, Jacobus du Plessis, W.J. de Klerk, G.H.J. Kruger, Dirk Postma, H.J.R. du Plessis, Willem Postma, H.P.J. Pasch. Derde ry: Di. J.P. Van der Walt, N.H. van der Walt, T.N. Venter, P.C. Snyman, J.H. Kruger, J.D. du Toit (Totius), S.O. Los, T. Hamersma en Derk Rumpff.
-
Die Algemene Sinode van die Gereformeerde Kerk in sitting te Steynsburg, 1913: Eerste ry: Onbekend, J.H. Kruger, F.P.J. Snyman. Tweede ry: T.N. Venter, onbekend, J.G.H. van der Walt, G.H.J. Kruger, Totius, H.J.R. du Plessis, onbekend, onbekend, Jacobus du Plessis, onbekend, Izak Krüger, onbekend, onbekend, H.C. van Rooy, J.A. van Rooy. Derde ry: Onbekend, Hendrikus Pasch, N.H. van der Walt, Pieter Bingle, Taetse Hamersma, J.P. van der Walt, Petrus Postma, Louis Vorster, onbekend, W.J. de Klerk, W.L. Steenkamp, onbekend (of dié twee andersom), W.J. Snyman, drie onbekend. Vierde ry: Dirk Postma (agtste van links), prof. Sietse Los (11de van links, skuins agter man voor hom), Derk Rumpff (derde van regs), D.P. du Plessis (regs).
-
Omstreeks 1922: Die doserende personeel van die Potchefstroomse Universiteitskollege. Totius sit links, dan prof. Jan Kamp, prof. Du Plessis sit tweede van regs en ds. Willem de Klerk (die instelling se eerste registrateur) regs van hom. Prof. Wicus du Plessis staan regs in die middelry.
-
1922: Die kuratore van die Teologiese Skool Potchefstroom, onder andere Dirk Postma (links agter), ds. I.D. Krüger (derde van links agter), prof. J.D. du Toit (tweede van regs agter), prof. Jacobus du Plessis (regs agter) en ds. W.J. de Klerk (tweede van regs voor).
-
Die Algemene Sinode van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika op Rustenburg, 4 April 1924, onder die seringboom waaronder die Kerk in 1859 gestig is en met prof. H.H. Kuyper as deputaat van die Geref. Kerke in Nederland. Eerste ry: A.S.E. Yssel, C.W.M. du Toit, J.V. Coetzee, J.G.H. van der Walt, J.H. Boneschans, J.C. van der Walt. Tweede ry: D.P. du Plessis, D. Rumpff, T. Hamersma, D. Postma, M. Postma, prof. H.H. Kuyper, L.P Vorster, proff. J.D. du Toit, J.A. du Plessis, I.D. Kruger. Derde ry: D.N. Kotzé, N.H. van der Walt, A. Duvenage, J.A. van Rooy, C.J.H. de Wet, B.J. de Klerk, W.J. de Klerk, G.H.J. Kruger, D.G. Venter, H.P.J. Pasch. Vierde ry: F.P.J. Snyman, H.J. Venter, P.J.S. de Klerk, H.S. van Jaarsveld, H.J.R. du Plessis, J.H. Kruger.
-
1927: Die Algemene Sinode van die GKSA op Reddersburg. Eerste ry: D. Rumpff, N.H. van der Walt, J.G.H. van der Walt, prof. Jacobus du Plessis, prof. C.J.H. de Wet, T. Hamersma, L.P Vorster, J.A. van Rooy, H.P.J. Pasch. Tweede ry: H.S. van Jaarsveld, H. Venter, F.P.J. Snyman, J.C. van der Walt, D.G Venter, C.W.M. du Toit, I.D Krüger, H.J.R. du Plessis. Derde ry: J.V. Coetzee, G.H.J. Kruger, E.L.J. Venter, D. Postma, D.P. du Plessis, A.S.E Yssel, D.N. Kotze. Vierde ry: J.H. Boneschans, T.T. Spoelstra, W.J. Postma, W.J. Snyman, A. Duvenage, P.J.S. de Klerk, B.J. de Klerk.
-
Studente en professore (van links: J.A. du Plessis, J.D. du Toit en C.J.H. de Wet) van die Teologiese Skool Potchefstroom, 1929.
-
1930: Die Algemene Sinode van die GKSA in sitting op Burgersdorp. Eerste ry: S. van der Walt, Jacs van Rooy. Tweede ry: Dr. E. Venter, J.C. van der Walt, H.J. Venter, J.G.H. van der Walt, G.H.J. Kruger, W.J. Postma, W.J. Snyman, Dirk Postma, D.N. Kotzé, J.H. Boneschans, A. Duvenage. Derde ry: H.P.J. Pasch, N.H. van der Walt, W.J. de Klerk, T. Hamersma, J.A. van Rooy, J.V. Coetzee, D.P. du Plessis, H.S. van Jaarsveld en D.G. Venter. Vierde ry: H. du Plessis, A.S.E. Yssel, J.P. Jooste, A. Postma, I.D. Krüger, W.F. Venter, T.T. Spoelstra, F.P.J. Snyman, dr. P.J.S. de Klerk, prof. Jacobus du Plessis, H.J.R. du Plessis, Derk Rumpff.
-
Op dié foto wat in 1933 in Bloemfontein van die adviseurs van die Afrikaanse Bybelvertaling geneem is, staan prof. Du Plessis derde van links in die middelste ry. Boonste ry: di. J.P.H. Steyn, C.F. Kies, G.D. Malan, W.J.W. Naudé, A.S.E. Yssel, W. de Vos. Middel: Di. C.W.M. du Toit (Totius se halfbroer), H.J. Otto, proff. Du Plessis, C.J.H. de Wet, dr. H.D. van Broekhuizen, di. Dirk Postma, P.J.J. Boshoff en H.J. Pienaar. Voor: prof. B.B. Keet, Totius, ds. J.D. Kestell, proff. E.E. van Rooyen en H.C.M. Fourie. Hulle het amptelik bekendgestaan as die Kommissie vir Afrikaanse Bybelvertalers. Dié foto is in Bloemfontein geneem.
-
Die Bybelvertalers besoek die Potchefstroomse Universiteitskollege in 1933. Prof. H.G. Stoker staan agter vierde van links. Voor: (van links) prof. Jacobus du Plessis, prof. Bennie Keet, E.E. van Rooyen, onbekend, ds. J.D. Kestell, Totius, onbekend, onbekend, ds. Willem Johannes de Klerk, prof. Casparus de Wet. Agter: (tweede van links) Wicus du Plessis.