Jan Kempdorp
Jan Kempdorp is 'n dorp in die Noord-Kaap, Suid-Afrika wat onder die Phokwane Plaaslike Munisipaliteit ressorteer. Die dorp is 96 km noord van Kimberley en 43 km wes van Christiana geleë. Voorheen was dit die enigste dorp in Suid-Afrika wat oor twee provinsies, (Kaapland en Transvaal), versprei was. In 1994 is dit onder die Noord-Kaap ingedeel.
Jan Kempdorp | |
---|---|
Dorp | |
Ou hoofkwartier van die interneringskamp | |
Koördinate: 27°55′0″S 24°50′0″O / 27.91667°S 24.83333°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noord-Kaap |
Distrik | Frances Baard |
Munisipaliteit | Phokwane |
Stigting | 1899 |
Oppervlak | |
• Totaal | 19,07 km2 (7,36 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 24 220 |
• Digtheid | 1 270/km2 (3 300/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 6.8% |
• Indiërs/Asiërs | 0.4% |
• Bruin mense | 12.9% |
• Swart mense | 79.4% |
• Ander | 0.6% |
Taal (2011) | |
• Tswana | 63.7% |
• Afrikaans | 19.8% |
• Xhosa | 9.7% |
• Sotho | 1.9% |
• Ander | 4.9% |
Poskode (strate) | 8550 |
Poskode (posbusse) | 8550 |
Skakelkode | 053 |
Geskiedenis
wysigDie dorp lê aan die suidelike punt van die Vaalharts-besproeiingskema en het in 1938 as 'n kamp vir die werkers van die projek ontstaan. Die dorp het eers bekend gestaan as Andalusia, die naam van die plaas waarop die kamp gebou is. Die kamp het gegroei met tyd en is in 1954 geproklameer en na Boeregeneraal J.C.G. Kemp vernoem. Hy was destyds die minister van lande.
Destyds het die grens tussen die ou Transvaal en Kaapland deur die dorp geloop. Geen plaaslike owerheid kon dus gestig word nie en die taak is deur die Staatsdepartemente verrig. In 1964 is die Jan Kempdorpwet deurgevoer wat verseker het dat die Transvaalse helfte deur die Kaapprovinsie bestuur kan word.
Na die totstandkoming van die nuwe regering in 1994 met sy nege provinsies, het die grens van die Noord-Kaap en Noordwes nog steeds deur die dorp gegaan.
Omgewing
wysigDie Graspan-natuurreservaat is 10 km suidwes van die dorp en is hoofsaaklik vir watervoëls ontwikkel.
Sien ook
wysigBronne
wysig- Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
- Rosenthal, Eric (1967). Ensiklopedie van Suidelike Afrika. Juta and Company Limited.
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Jan Kempdorp". Sensus 2011.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Jan Kempdorp.