Suidwes-Afrika-veldtog
Die Suidwes-Afrika-veldtog (Duits: Südwestafrikafeldzug, Engels: South-West Africa Campaign) was 'n koloniale byvertoning van die Eerste Wêreldoorlog vanaf Augustus 1914 tot Julie 1915. Dit het gelei tot gevegte om die Duitse kolonie Suidwes-Afrika (tans Namibië). Die gevegte het ook uitgebrei tot die suidelike grens van Portugees-Wes-Afrika en dele van die Unie van Suid-Afrika.
Suidwes-Afrika-veldtog | |||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Deel van die Eerste Wêreldoorlog in Afrika | |||||||||
Kaart van die Suidwes-Afrika-veldtog in 1915 | |||||||||
| |||||||||
Strydende partye | |||||||||
Britse Ryk | Duitse Keiserryk
| ||||||||
Aanvoerders | |||||||||
Herbert Henry Asquith Jan Christian Smuts Louis Botha Teófilo Braga Manuel de Arriaga José Augusto Alves Roçadas António Júlio da Costa Pereira de Eça |
Theodor Seitz Victor Franke | ||||||||
Sterkte | |||||||||
43 000[1] | Omstreeks 5 000 Schutztruppe[2] en 7 000 Duitse burgermagte en setlaars omstreeks 600 Boere[3] | ||||||||
Ongevalle en verliese | |||||||||
Omstreeks 250 (Unie van Suid-Afrika)[4][5][6] | Omstreeks 1 300[4] |
Ná kort grensskermutselinge en die besetting van kusplekke is die Duitse kolonie vanuit die suide tot die noorde deur die Unie-Verdedigingsmag verower. Mid-1915 het die Duitse koloniale weermag oorgegee. Met die einde van die oorlog in Europa het die Duitse kolonie 'n Volkebondmandaat onder Suid-Afrikaanse bestuur geword (Suidwes-Afrika). Dit het in 1990 as Namibië onafhanklik geword.
Veldslae en veldtogte
wysig- Maritz-rebellie, 15 September 1914 – 4 Februarie 1915, Britse oorwinning
- Duitse veldtog in Angola, Oktober 1914 – 9 Julie 1915, Portugese oorwinning
- Slag van Sandfontein, 26 September 1914, Duitse oorwinning
- Slag van Kakamas, 4 Februarie 1915, Suid-Afrikaanse oorwinning
- Slag van Trekkopjes, 26 April 1915, Suid-Afrikaanse oorwinning
- Slag van Otavi, 1 Julie 1915, Suid-Afrikaanse oorwinning
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ (de) Oliver Janz: 14 – Der große Krieg. Campus-Verlag, Frankfurt am Main 2013, ISBN 978-3-593-39589-0, bl. 158f.
- ↑ (de) Christian Stachelbeck: Deutschlands Heer und Marine im Ersten Weltkrieg. Oldenbourg Verlag München 2013, bl. 93.
- ↑ (de) Hans-Otto Meissner: Traumland Südwest. Europäischer Buch- u. Phonoklub, Stuttgart 1969, bl. 295.
- ↑ 4,0 4,1 (de) Deutsches Historisches Museum: Der Krieg in Deutsch-Südwestafrika 1914/15.
- ↑ (de) Gerhard Hirschfeld: Enzyklopädie Erster Weltkrieg. Schöningh, Paderborn 2003, ISBN 3-506-73913-1, bl. 439.
- ↑ (de) Oliver Janz: 14 – Der große Krieg. Campus-Verlag, Frankfurt am Main 2013, ISBN 978-3-593-39589-0, bl. 158f.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Suidwes-Afrika-veldtog.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Duitse Wikipedia
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia