Location via proxy:   [ UP ]  
[Report a bug]   [Manage cookies]                
Gaan na inhoud

Fluit

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

'n Fluit is 'n versamelnaam vir 'n aantal musiekinstrumente wat klank produseer deur middel van 'n lugstroom wat op 'n skerp rand gerig word.

Dwarsfluit

Die dwarsfluit is 'n musikale instrument en 'n houtblaser. Hy maak sy klank deur 'n lugstroom oor 'n rand vloei. It is a dlute for dwarfs, lol.

Geskiedenis

Die fluit kan terugdateer word na die begin van die mensdom toe. Dit het verskyn in verskillende variasies en dele van die wêreld. ‘n Driegat fluit gekerf van ‘n olifanttand in die Geißenklösterle grot in Duitsland was in 2004 ontdek. Twee ander fluite gemaak van swaan bene is nog voorbeelde van die oudste fluite bekend. In Genesis 4:21 word Jubal die vader genoem van almal wat die Ugab (fluit) en kinnor (harp) bespeel het. Hierdie Hebreeuse term (Ugab) verwys na ‘n blaasinstrument in die algemeen. Jubal word tradisioneel beskou as die ontdekker van die fluit. Party vroeë fluite was gemaak van skeenbeen.

Die oudste transverse fluit is a chi wat in die graf van Marquis Yi of Zeng by Suizhou in die Hubei provinsie in Sjina ontdek is.

Die moderne fluit was ontwikkel deur Theobald Boehm wat daarmee geëksperimenteer het vanaf 1832 tot 1847 met die doel om dit ‘n groter toonvariasie te gee. Hy het uiteindelik ‘n paraboliese (bakvormige) kopstuk aan die lyf van die fluit met klep openinge wat voorheen vingeropeninge was gemaak. Na dit was ander klein verbeteringe aangebring. Die moderne fluit het gewoonlik ‘n reeks van middel C (C4) opwaarts vir omtrent 4 oktawe. Europese fluite is gewoonlik gemaak van hout; en van silwer in die Verenigde State van Amerika.

Klankproduksie

‘n Lugstroom word oor die gleuf van die mondstuk geblaas wat veroorsaak dat die lug in twee gesny word. Die deel van die lug wat in die pyp ingaan resoneer teen die kante en glip by die oop kleppies uit om so ‘n sekere noot te vorm soos byvoorbeeld 440 vibrasies per sekonde om die A net bo middel C te skep. Die noot kom dan in sy volledige vorm by die oop kant van die fluit uit. Om daardie lugstroom met jou mond te vorm is dit nodig om jou lippe, soos die Engelsman sê, “between a kiss and a smile” te hou en te blaas asof jy ‘n vuur stook. Die fluit word geblaas tot die 2de of 3de harmonie deur ‘n kombinasie van verhoogde lugstroom snelheid en om die gaping tussen die speler se lippe en die kant te verklein.

Bou van die dwarsfluit

Die moderne fluit is in die vorm van ‘n oop silindriese lug kolom gemaak en omtrent 66 sentimeters lank en het ‘n deursnit van omtrent 2 cm . Die basisnoot is middel C en het ‘n reeks van omtrent drie oktawe tot by C7. Die fluit kan van vele materiale of mengsels van materiale gemaak word bv. hout, silwer, nikkel en silwer of selfs goud. Die gewildste is egter die mengsel van nikkel en silwer. Die kleppe funksioneer deur ‘n ingewikkelde verskeidenheid van vere en konneksies.

Interessante speeltegnieke en feite

  • Note kan geartikuleer of verbind word.
  • ‘n Vinnige vibrerende klank kan gemaak word deur terwyl jy blaas ‘n gggggggg-klank in die agterkant van jou keel te maak.
  • Baie fluitspelers vervang hulle mondstuk met ‘n goue een.
  • Houtfluite word van rooshout gemaak.
  • ‘n Fluit word ingestem deur die pyp langer en korter te maak, korter = hoër; en langer = laer.

Verwysing