Internasionale Fonetiese Alfabet
Internasionale Fonetiese Alfabet | ||||
Soort skryfstelsel | Alfabet, met kenmerk-elemente | |||
Tyd gebruik | Sedert 1888 | |||
Tale | Gebruik vir fonetiese en fonemiese transkripsie van enige taal | |||
Nota | ||||
Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat | ||||
|
Die Internasionale Fonetiese Alfabet (/ˌəntərˌnaʃiˈnɑːlə fʊəˈnɪətisə ˈʔɑlfa̙bɛt/) of IFA (Engels: International Phonetic Alphabet (IPA)) is 'n notasiestelsel vir die klanke wat in menslike spraak voorkom. Dit is grotendeels op die Latynse alfabet gegrond.
In die Uitgebreide IFA (Extended IPA) is 'n reeks addisionele diakritiese tekens byvoeg om klein uitspraakverskille aan te dui. Daar bestaan ook 'n IFA in ASCII-tekens: SAMPA. Die IFA word veral deur taal- en spraakkundiges gebruik.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]In 1886 het 'n groep Franse en Britse taaldosente, onder leding van Paul Passy, die Internasionale Fonetiese Assosiasie opgestel.[1] Hierdie organisasie het die eerste fonetiese alfabet saamgestel. Die eerste alfabet was op die Latynse Alfabet gegrond, maar om die stelsel bruikbaar te maak vir alle tale kon dit van taal tot taal verander word. So is die klank [ʃ] byvoorbeeld oorspronklik met <c> weergegee in Engels, maar met <x> in Frans.[1] In 1888 is die alfabet egter aangepas om dit vir alle tale eenvormig te maak.[1][2]
Sedert die skep daarvan het die alfabet talle veranderinge ondergaan. Veral in 1900 en 1932 is groot aanpassings gemaak. Ná 1932 het die alfabet tot 1989 onveranderd gebly. In 1993 is 'n klein aanpassing gemaak. Benewens die byvoeg en weglaat van simbole het die simbole ook dikwels ander name gekry.
Die huidige alfabet is gegrond op die Latynse alfabet, en gebruik so min as moontlik nie-Latynse simbole. Hoewel die alfabet meer as 100 simbole vir klanke bevat, hoef almal nie gelyk gebruik te word nie.
Letters
[wysig | wysig bron]Die letters van die alfabet word rofweg in drie groepe verdeel: pulmoniese medeklinkers, nie-pulmoniese medeklinkers, en klinkers.
Pulmoniese medeklinkers
[wysig | wysig bron]'n Pulmoniese medeklinker of konsonant is 'n medeklinker wat gevorm word deur lug uit die longe te stoot in plaas van die glottis of mond. Binne hierdie groep word klank onderverdeel volgens artikulasiepunt en manier van artikulasie:
Articulasiepunt → | Labiaal | Koronaal | Dorsaal | Radikaal | Glottaal | ||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Bilabiaal | Labiodentaal | Dentaal | Alveolaar | Postalveolaar | Retroflex | Palataal | Velaar | Uvulaar | Pharyngeaal | Epiglottaal | |||||||
Manier van Artikulasie ↓ | |||||||||||||||||
Nasaal | m | ɱ | n | ɳ | ɲ | ŋ | ɴ | ||||||||||
Plosief | p b | p̪ b̪ | t d | ʈ ɖ | c ɟ | k ɡ | q ɢ | ʡ | ʔ | ||||||||
Frikatief | ɸ β | f v | θ ð | s z | ʃ ʒ | ʂ ʐ | ç ʝ | x ɣ | χ | ʁ | ħ | ʕ | ʜ | ʢ | h ɦ | ||
Approximant | β̞ | ʋ | ɹ | ɻ | j | ɰ | |||||||||||
Tril | ʙ | r | retroflexe trill | ʀ | я* | ||||||||||||
Tap of Flap | ⱱ̟† | ⱱ† | ɾ | ɽ | ɢ̆ | ʡ̯ | |||||||||||
Laterale frikatief | ɬ ɮ | * | * | * | |||||||||||||
Lateral Approximant | l | ɭ | ʎ | ʟ | |||||||||||||
Laterale Flap | ɺ | * | ʎ̯ | ʟ̆ |
- Notas
- 'n Asterisk (*) beteken dat hierdie klank nog nie 'n amptelike simbool in die Internasionale Fonetiese Alfabet het nie.
- † beteken dat die simbool nog slegs is in Unicode bygevoeg is. Sedert Unicode 5.1.0, is dit die geval vir die labiodentale flap.
- Waar twee simbole langs mekaar dieselfde vak staan, staan die linkersimbool vir die stemlose klank, en de regtersimbool vir die stemhebbende klank.
- Grys vlakke is klanke wat gesien word as onmoontlik om uit te spreek.
- Die simbole [ʁ, ʕ, ʢ] verteenwoordig stemhebbende frikatiewe of approximante.
Mede-Artikulasie
[wysig | wysig bron]Mede-Artikulasies is klanke met twee artikulasiepunte, wat gelyktydig gebruik word.
ʍ | stemlose labio-velêre approximant |
w | Stemhebbende labio-velêre approximant |
ɥ | Labiaal-palatale approximant |
ɕ | stemlose alveolo-palatale frikatief |
ʑ | Stemhebbende alveolo-palatale frikatief |
ɧ | stemlose palataal-velêre frikatief |
Affrikate en dubbele artikulasie
[wysig | wysig bron]Affrikate en Dubbel geartikuleerde medeklinkers word weergegee met simbole wat bestaan uit twee ander simbole wat met 'n verbindingsstreep gekoppel word.
Teken | Naam |
---|---|
t͡s | stemlose alveolêre affrikaat |
d͡z | Stemhebbende alveolêre affrikaat |
t͡ʃ | stemlose postalveolêre affrikaat |
d͡ʒ | Stemhebbende postalveolêre affrikaat |
t͡ɕ | stemlose alveolo-palatale affrikaat |
d͡ʑ | Stemhebbende alveolo-palatale affrikaat |
c͡ç | stemlose palatale affrikaat |
ɟ͡ʝ | stemhebbende palatale affrikaat |
t͡ɬ | stemlose alveolêre laterale affrikaat |
k͡p | stemlose labial-velar plosief |
ɡ͡b | stemhebbende labiaal-velair plosief |
ŋ͡m | labiaal-velêre nasaal |
Nie-pulmoniese medeklinkers
[wysig | wysig bron]Nie-pulmoniese medeklinkers is klanke waarvan die lugstroom nie afhanklik is van die longe nie. Die klikklanke, implosiewe en ejektiewe.
Klik | Implosief | Ejektief | |||
---|---|---|---|---|---|
ʘ | Bilabial | ɓ | Bilabiaal | ʼ | als voorbeeld: |
ǀ | Laminale alveolêre ("dental") | ɗ | Alveolaar | pʼ | Bilabiaal |
ǃ | Apical (post-) alveolaar ("retroflex") | ʄ | Palataal | tʼ | Alveolaar |
ǂ | Laminaal postalveolaar ("palataal") | ɠ | Velaar | kʼ | Velaar |
ǁ | Laterale coronaal ("lateraal") | ʛ | Uvulaar | sʼ | Alveolêre frikatief |
Klinkers
[wysig | wysig bron]Voor | Naby-voor | Sentraal | Naby-agter | Agter | |
Geslote | |||||
Naby-geslote | |||||
Geslote-mid | |||||
Mid | |||||
Oop-mid | |||||
Naby-oop | |||||
Oop |
die een na regs 'n geronde klinker.
Die Internasionale Fonetiese Alfabet deel die klinkers volgens posisie van die tong tydens uitspraak.
Klanke sonder simbole
[wysig | wysig bron]Alle klanke het nog nie simbole in die Internasionale Fonetiese Alfabet nie.
Die simbole vir nuwe medeklinkers word dikwels gevorm deur die simbole vir reeds bestaande medeklinkers effens aan te pas.
Toonsoorte
[wysig | wysig bron]De "e" kan vervang word.
toonletter in IPA | Nederlandse toon | uitleg |
---|---|---|
e˥ | éé | extra hoog |
e˦ | ée | hoog |
e˧ | ee | middel |
e˨ | èe | laag |
e˩ | èè | ekstra laag |
eː | ee- | lang toon |
eˑ | ? | halflang toon |
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met International Phonetic Alphabet. |
Wikimedia Commons bevat media in verband met IPA charts. |
Sien Internasionale Fonetiese Alfabet in Wiktionary, die vrye woordeboek. |
- International Phonetic Association
- De complete verzameling symbolen
- IPA 'typemachine' Geargiveer 4 Julie 2008 op Wayback Machine om maklik IFA simbole in te voeg