Location via proxy:   [ UP ]  
[Report a bug]   [Manage cookies]                
Gaan na inhoud

Salm

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur Anrie (besprekings | bydraes) op 12:24, 13 Mei 2007 (Nuwe blad: thumb|right|300px|Illustrasie van 'n manlike Coho-salm. [[Image:Chinook Salmon.jpeg|thumb|right|250px|Die Chinook-salm is die grootste salm in Noord-Ameri...)
(verskil) ← Ouer weergawe | bekyk huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Illustrasie van 'n manlike Coho-salm.
Lêer:Chinook Salmon.jpeg
Die Chinook-salm is die grootste salm in Noord-Amerika en kan tot 1.5 m lank word en 57 kg swaar weeg.

Salm is die algemene naam vir verskeie spesies visse in die familie Salmonidae. Ander spesies in die familie sluit ook forelle in. Salm word in die Atlantiese Oseaan en die Stille Oseaan aangetref, asook die Groot Mere in Noord-Amerika en ander landbegrense mere.

Salm word in varswater gebore, maar migreer na geboorte na die oseaan en keer weer na varswatergebiede terug om voort te plant. In Alaska steek die salm tans oor na nuwe varswaterstrome, soos dié wat deur die terugtrekking van gletsers geskep word. Dit is tans nie bekend hoe die salm presies navigeer nie, alhoewel dit aanvaar word dat hulle sensitiewe reuksintuig beslis 'n belangrike rol speel. Die manlike salms wat in die Stille Oseaan aangetref word sterf gewoonlik kort ná die voortplantingproses. Selfs in die spesies wat waar die mannetjie wel meer as een keer voortplant, is die sterftesyfer na die eerste paring redelik hoog (beramings plaas die syfer so hoog as 40% of selfs 50%).

Salm is speel al lankal 'n rol in die kultuur en lewensonderhoud van kusbewoners. Baie bevolkings van die Noordelike Stille-Oseeankus het 'n seremonie om die terugkering van die salm te vier en te eer. Vir baie eeue het mense ook salm gevang soos die visse met die riviere terug na varswatergebiede geswem word. Tans word die vang van salm meestal beperk tot baaie en kusgebiede.

Daar is besorgheid oor die bevolkingsvlakke van salm in die Atlantiese Oseean en sommige dele van die Stille Oseaan, maar daar is steeds 'n oorvloed salm in die noordelike Brits-Kolombië en Alaska-gebiede. Die Skeena-rivier (in Brits-Kolombië) is ontvang telkens miljoene visse wat na varswatergebiede terugkeer en ondersteun die gebied se kommersiële visserye, die inboorlinge se visserye, sport-visserye en die area se verskillende natuurlewe op die kus en honderde kilometers verder in die keerpunt. Die Kolomnië-rivier salm is tans egter minder as 3% van wat dit was toe Meriwether Lewis en William Clark die rivier in 1805 besoek het.[1]

Notas en verwysings

Die artikel is 'n gedeeltelike vertaling van die Engelse Wikipedia artikel Salmon.
  1. "Endangered Salmon". U.S. Congressman Jim McDermott. Besoek op 17 November 2006.