Universiteit van Pretoria
Universiteit van Pretoria | |
---|---|
Die Ou Lettere- en Geesteswetenskappegeboue | |
Leuse: | Ad Destinatum Persequor |
Leuse in Afrikaans: | Met ywer en volharding streef ek na die doel |
Leuse in Engels: | With zeal and perseverance I strive towards the goal[1] |
Gestig: | 4 Maart 1908[2] |
Tipe: | Openbare universiteit[3] |
Befondsing: | R2 470 miljoen[4] (31 Desember 2010) |
Kanselier: | Wiseman Nkuhlu |
Personeel: | 4 099 (voltydse aanstellings) |
Studentetal: | 38 934 Kontak 18 475 Afstand 57 409 Totaal[5] |
Voorgraadse studente: | 28 450[5] |
Nagraadse studente: | 10 484[5] |
Ligging: | Pretoria, Gauteng
25°45′13″S 28°13′47″O / 25.75361°S 28.22972°O |
Kampus: | 7 Suburban kampusse en fasiliteite 1120 ha (2767 akker)[6][7] |
Kleure: | Blou, rooi en goud |
Bynaam: | Tuks of Tukkies[2] |
Gelukbringer: | Oom Gert[8] |
Affiliasies: | AAU ACU[9] CDIO[10] FOTIM[11] HESA IEASA |
Webtuiste: | up.ac.za |
Die Universiteit van Pretoria (algemeen na verwys as UP, Tuks, of Tukkies) is 'n multikampus openbare navorsingsuniversiteit in Pretoria, die administratiewe hoofstad van Suid-Afrika.
Die universiteit het in 1908 ontstaan as die Pretoriakampus van die Johannesburg-gebaseerde Transvaalse Universiteitskollege (waarvan die naam Tukkies afgelei is) en het gegroei uit die oorspronklike 32 studente in 'n enkele laat-Victoriaanse huis tot ongeveer 39 000 in 2010. Die universiteit het in 1930 selfstandig geword toe die Privaatwet op die Universiteit van Pretoria (Wet no. 13 van 1930) die universiteit tot 'n onafhanklike universiteit verklaar het, met Tielman Roos as eerste kanselier (tot 1932).
Sedert 1997 het die Universiteit meer navorsingsuitsette elke jaar as enige ander instelling van hoëronderwys in Suid-Afrika geproduseer, soos gemeet deur die Departement van Onderwys se akkreditasiemaatstaf. In 2008 het die universiteit 15,8% van alle meesters- en doktorsgrade in Suid-Afrika toegeken, die hoogste persentasie in Suid-Afrika.
Hede
[wysig | wysig bron]In die 1980s het die universiteit sowat 13 000 studente gehad, maar in 2005 was daar reeds 38 499 inwonende studente aan die universiteit geregistreer, teenoor 28 093 in 2000. Die verhouding tussen wit en swart was 60:40. Buiten die residensiële studente was daar ook sowat 13 000 studente wat vir die universiteit se afstandsonderrigprogramme ingeskryf het, hoofsaaklik in die Fakulteit Opvoedkunde. Van hulle was meer as 95% swart.
Klasse het in 1989 op die Witbank-kampus begin.
Fakulteite
[wysig | wysig bron]Die universiteit het nege fakulteite:
- Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
- Opvoedkunde
- Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingstegnologie
- Gesondheidswetenskappe
- Geesteswetenskappe
- Regte
- Natuur- en Landbouwetenskappe
- Teologie
- Veeartsenykunde
Hatfieldkampusgeboue
[wysig | wysig bron]- AE du Toit Auditorium & Anneks
- Administrasiegebou (Die Skip)
- Amfiteater
- Aula
- Bateman-gebou
- Boukunde
- Carl en Emily Fuchs Instituut vir Mikroëlektronika (CEFIM)
- Chemiegebou
- Die Lier
- Dierkundegebou
- Dramagebou
- Eeufeesgebou
- Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe (EB)
- FABI 1 & 2 (Bosbou- en Landbou Biotegnologie-instituut)
- Geesteswetenskappegebou
- Geografiegebou UP
- Informatorium (Rekenaarsentrum)
- Ingenieurswese I, II & III
- Inligtingstegnologie (IT)
- Kanselliersgebou
- Kapel (Ou Klooster)
- Kliëntedienssentrum (KDS)
- Kloostersaal
- Klubsaal
- Kommunikasiepatologie
- Kya Rosa
- Landbouwetenskappe
- Margaretha Mes Instituut vir Plantfisiologie
- Maskerteater
- Merensky II Biblioteek
- Mineraalwetenskappe
- Musaion
- Nagraadse Sentrum
- Natuurwetenskappe I & II
- Oom Gert se Plek (studentekroeg)
- Ou Bemarkingsdienstegebou
- Ou Chemiegebou
- Ou Landbougebou
- Ou Letteregebou
- Ou Merensky Biblioteek (Edoardo Villa Museum)
- Plantkundegebou
- Regsgeleerdheidgebou
- Roosmaryn
- Sci-Enza
- Sanlam-konferensiesentrum
- Stoneman-gebou
- Studentesake
- Studentesentrum
- Swaarmasjienlaboratorium
- Tegniese Dienste-gebou
- Teologie
- Tukkiewerf
- Van de Graaff-versneller
- Vetman-gebou
- Visuele Kunste
- Wiskunde-gebou
Koshuise
[wysig | wysig bron]Kampus | Hatfield | Groenkloof | Prinshof | Mamelodi | Onderstepoort | Nagraads |
---|---|---|---|---|---|---|
Mans | Boekenhout, Kollege, Maroela, Mopanie, Olienhout, Taaibos | Kiaat | Olympus | |||
Dames | Asterhof, Erika, Jasmyn, Katjiepiering, Klaradyn, Madelief, Magrietjie, Nerina | Inca, Lilium, Zinnia | Curlitzia | |||
Gemeng | TuksVillage | Hippokrates | Tuks Naledi | Onderstepoort | Tuksdorp, Protea, Jacaranda |
Noemenswaardige personeel
[wysig | wysig bron]- Andries Breytenbach (1944-), professor in die Departement Teologie.
Bekende alumni
[wysig | wysig bron]- Dr Anton Rupert – Miljarder, voormalige UP-Kanselier en Tukkie-van-die-Eeu
- Prof dr Chris Barnard – Beroemde hartchirurg
- Dr Mimi Coertse – Internasionale Operasanger
- Prof Christof Heyns – Spesiale Rapporteur aan die Verenigde Nasies se Raad op Menseregte[12]
- Dr Marius Kloppers – Internasionale HUB van wêreldwye mynreus BHP Billiton
- Dr Chris Stals – Sakeleier & voormalige UP-Kanselier
- Emeritus Aartsbiskop Desmond Tutu – Ontvanger van die Nobelprys vir Vrede
- Dr Johan van Zyl – HUB: Sanlam
- Jacques Freitag – Suid-Afrikaanse rekordhouer in hoogspring
- Tobie Cronjé - Afrikaanse akteur
- Pierneef - Suid-Afrikaanse landskapkunstenaar [13]
- Jak de Priester - Afrikaanse sanger en skrywer [14]
- Adriaan Vlok - Minister van Wet en Orde in Suid-Afrika vanaf 1986 tot 1991 [15]
- Joost van der Westhuizen - Voormalige Springbokrugbyspeler [16]
- Margaret Roberts - Internasionaal erkende kruiekundige [17]
Sien ook
[wysig | wysig bron]Bronne
[wysig | wysig bron]- Amptelike Tukkies-webwerf
- Schirmer, Peter. Die beknopte geïllustreerde ensiklopedie van Suid-Afrika, Sentrale Nuusagentskap (Edms.) Bpk., Johannesburg, 1981
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Pretoria University". Web.archive.org. 6 Augustus 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Augustus 2009. Besoek op 1 Junie 2014.
- ↑ 2,0 2,1 (en) History of the University of Pretoria Geargiveer 1 November 2009 op Wayback Machine. Besoek op 1 Junie 2014.
- ↑ (en) South Africa's universities Geargiveer 10 April 2012 op Wayback Machine. Besoek op 1 Junie 2014.
- ↑ (en) University of Pretoria Annual Review Geargiveer 2 Februarie 2013 op Wayback Machine. Besoek op 1 Junie 2014
- ↑ 5,0 5,1 5,2 (en) UP in a Nutshell 2009 Geargiveer 3 September 2013 op Wayback Machine. Besoek op 1 Junie 2014.
- ↑ (en) "Campuses > University of Pretoria". Web.up.ac.za. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Oktober 2014. Besoek op 1 Junie 2014.
- ↑ (en) "Up in a Nutshell 2009". Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 3 September 2013. Besoek op 1 Junie 2014.
- ↑ (en) "Oom Gert > University of Pretoria". Web.up.ac.za. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Februarie 2012. Besoek op 1 Junie 2014.
- ↑ "Members by country" (in Engels). Acu.ac.uk. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Oktober 2012. Besoek op 1 Junie 2014.
- ↑ (en) The CDIO INITIATIVE. Besoek op 1 Junie 2014.
- ↑ (en) Members Geargiveer 20 November 2009 op Wayback Machine. Besoek op 1 Junie 2014.
- ↑ United Nations Human Rights Council appoints Dean of Faculty of Law, University of Pretoria as Special Rapporteur on extrajudicial, summary or arbitrary executions Geargiveer 1 April 2012 op Wayback Machine Besoek op 23 September 2010
- ↑ Who's Who Southern Africa Geargiveer 3 Oktober 2015 op Wayback Machine Besoek op 30 Mei 2015
- ↑ Who's Who Southern Africa Geargiveer 3 Oktober 2015 op Wayback Machine Besoek op 30 Mei 2015
- ↑ Who's Who Southern Africa Geargiveer 26 Februarie 2015 op Wayback Machine Besoek op 30 Mei 2015
- ↑ Who's Who Southern Africa Geargiveer 15 September 2015 op Wayback Machine Besoek op 30 Mei 2015
- ↑ Who's Who Southern Africa Geargiveer 30 September 2015 op Wayback Machine Besoek op 30 Mei 2015
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met University of Pretoria. |