Abses
Abses | ||
Klassifikasie en eksterne bronne | ||
'n Abses. | ||
ICD-9 | 682.9 | |
MeSH | D000038 | |
Mediese waarskuwing |
'n Abses is 'n versameling van etter wat binne 'n weefselholte van die liggaam opgebou het.[1]
Daar bestaan twee hooftipes absesse.
Interne abses
[wysig | wysig bron]Hierdie tipe abses word 'n empieem genoem wanneer dit op die brein of in die longe voorkom. 'n Interne abses kan in amper enige van die interne organe ontstaan, en word gewoonlik groot voordat dit gevind word. Die pasiënt ontwikkel gewoonlik 'n koors en voel olik. Dit ontstaan weens 'n bakteriële- of fungusinfeksie. Weens die infeksie vind weefselskade plaas en die dooie selle versamel as etter en vorm 'n abses.
Interne absesse benodig 'n ultraklankskandering of 'n laparoskopie om die diagnose te bevestig. 'n Interne abses word met 'n antibiotikum behandel sodat dit nie versprei nie, maar die abses sal tydens 'n operasie gedreineer moet word.
Eksterne absesse
[wysig | wysig bron]'n Eksterne abses (velabses), vorm dikwels as gevolg van 'n velinfeksie (sellulitis).
Waar die velabses aanvanklik rooi, pynlik en hard voel, versag die abses soos wat die weefselholte meer en meer met etter gevul word. Met tyd vorm die abses 'n kop, wat bars sodat die etter uitvloei en die abses sodoende dan dreineer.
Aanvanklik word hierdie tipe abses met warm kompressie en 'n antibiotikum behandel, maar wanneer daar etter is, moet die abses dreineer word voordat dit sal genees.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Singer AJ, Talan DA (Maart 2014). "Management of skin abscesses in the era of methicillin-resistant Staphylococcus aureus" (PDF). The New England Journal of Medicine. 370 (11): 1039–1047. doi:10.1056/NEJMra1212788. PMID 24620867. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 30 Oktober 2014. Besoek op 24 September 2014.