Location via proxy:   [ UP ]  
[Report a bug]   [Manage cookies]                
Gaan na inhoud

Ammeter

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n Demostrasie model van 'n bewegende yster ammeter: soos die stroom deur die spoel groter word, word die kern dieper in die spoel ingetrek en die naald beweeg na regs.

'n Ammeter (afkorting vir ampère meter) is 'n instrument wat die elektriese stroom in 'n elektriese stroombaan meet. Elektriese stroom word in ampère gemeet, vandaar die naam. Vir direkte metings word die ammeter in serie met die stroombaan, wat dit wil meet, gekoppel. 'n Ammeter het gewoonlik 'n lae weerstand sodat dit nie 'n wesenlike verskil aan die spanningsval, van die stroombaan wat gemeet word, veroorsaak nie.

Daar word na instrumente wat kleiner strome meet, in die milliampèree of mikroampère strek, as milliammeters of mikroammeters verwys. Vroeë ammeters was laboratoriuminstrumente wat op die Aarde se magneetveld staatgemaak het vir werking. Teen die laat 19de eeu is verbeterde instrumente ontwerp wat in enige posisie gemonteer kon word en akkurate metings in elektriese kragstelsels moontlik gemaak het.

'n Ammeter van die Universiteit van Dundee se Fisika Department

Simboliese voorstelling

[wysig | wysig bron]

'n Ammeter word as volg in sketse aangedui:

Ammeter simbool

Notas

[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.