Angela Lansbury
Voorkoms
Dame Angela Lansbury | |
Angela Lansbury in 1950.
| |
Geboortenaam | Angela Brigid Lansbury |
---|---|
Geboorte | 16 Oktober 1925 Londen, Groot-Brittanje |
Sterfte | 11 Oktober 2022 (op 96) Los Angeles, Kalifornië, Verenigde State |
Beroep(e) | Aktrise, sangeres |
Aktiewe jare | 1942-2022 |
Toekennings | Orde van die Britse Ryk |
Dame Angela Brigid Lansbury, DBE (16 Oktober 1925 tot 11 Oktober 2022) was ’n Brits-Iers[1]-Amerikaanse aktrise en sangeres wat in die teater, op televisie en in rolprente te sien was. Haar loopbaan strek oor sewe dekades en sy het internasionaal beroemd geraak.
Haar eerste rolprentrolle was in Gaslight (1944) en The Picture of Dorian Gray (1945). In die musiekteater het sy in 1966 bekend geraak vir haar hoofrol in die Broadway-musiekstuk Mame, waarvoor sy ’n rits pryse gewen het. Sy sal ook veral onthou word vir die TV-reeks Murder, She Wrote (1984–1996).
Lansbury het ’n ere-Oscar gekry en het vyf Tony's, ses Golden Globes en ’n Olivier-prys gewen. Drie biografieë is oor haar geskryf.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Kennedy, Jason; Kelly, Louise (21 Februarie 2016). "'I am an Irish-British actress' – Television icon Angela Lansbury honoured with lifetime achievement award in Dublin". Irish Independent. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2021. Besoek op 24 September 2021.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia