Arsien
Algemeen | |
---|---|
Naam | Arsien |
Chemiese formule | AsH3 |
Molêre massa | 77,95[g/mol][1] |
CAS-nommer | 7784-42-1[1] |
Voorkoms | Kleurlose gas[1] |
Reuk | karakteristiek [1] |
Fasegedrag | |
Smeltpunt | -117 °C [1] |
Kookpunt | -62 °C [1] |
Digtheid | 2,7 (rel. lug=1)[1] |
Oplosbaarheid | |
Kritieke temperatuur | 99,9 °C [1] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
LC50 | 178 dpm; 1 uur (rot; inaseming) |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Arsien is 'n verbinding van arseen in sy -3 oksidasietoestand en waterstof met die chemiese formule AsH3.
Dit is 'n baie toksiese gas wat dodelik is wanneer dit ingeasem word.
Chemiese eienskappe
[wysig | wysig bron]Arsien is brandbaar. Dit brand met 'n bleikgroen vlam wat min lig gee.[2]
Die verbinding ontbind teen hoër temperature:
Arsien kan verkry word deur arseenchloried (AsCl3) of arseenoksied (As2O3) te reduseer met natriumboorhidried (NaBH4) of litiumaluminiumhidried (LiAlH4). Dit word ook gevorm as arseniede aan suur blootgestel word. Uiters suiwer arsien word gebruik vir die proses van chemiese dampneerslag (CVD) waarmee dunne lae van arseniede vervaardig word.[3]
Arsien is 'n homoloog van fosfien (PH3) en ammoniak (NH3) en dit kan nes hierdie verbindings primêre, sekundêre en tersiêre arsiene vorm. Hulle word selde gebruik vanweë hulle toksiese eienskappe. Ammoniak is 'n sterk basis, fosfien is swakker en arsien is nouliks nog 'n basis. [4]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 1,7 "MSDS" (PDF). Airgas.
- ↑ Meerum Terwogt, P.C.E. (1917). Leerboek der anorganische chemie. Noordhoff.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link) - ↑ S.L. Benjamin, W. Levason, G. Reid (2013). Acyclic Arsine, Stibine, and Bismuthine Ligands; in: Reference Module in Chemistry, Molecular Sciences and Chemical Engineering. Elsevier. doi:10.1016/B978-0-12-409547-2.00886-6. ISBN 9780124095472.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link) - ↑ "the p-block elements" (PDF). WorldPress.