Bushmills
Voorkoms
Bushmills Muileann na Buise (Iers-Gaelies) | |
---|---|
Dorp | |
Bushmills se dorpsentrum | |
Koördinate: 55°12′13″N 6°31′24″W / 55.20361°N 6.52333°W | |
Land | Verenigde Koninkryk |
Land (VK) | Noord-Ierland |
County | Antrim |
Distrik | Causeway Coast and Glens |
Bevolking | |
• Totaal | 1 295 |
Tydsone | UTC+00:00 (MGT) |
• Somertyd | UTC+01:00 (BST) |
Poskode | BT57 |
Skakelkodes | 028 |
Bushmills is 'n nedersetting aan die noordkus van die Noord-Ierse graafskap Antrim met 'n oorwegend Protestantse bevolking van 1 295 volgens die sensus van 2011.[1] Dit is sowat 60 myl (97 km) van Belfast en 9 myl (14 km) van Coleraine af geleë. Die dorp het sy naam te danke aan die Bushrivier en 'n groot watermeul wat hier in die vroeë 17de eeu opgerig is.[2]
Bushmills word veral verbind met die whiskey-distilleerdery Old Bushmills Distillery, een van die oudstes op die eiland Ierland, en die nabygeleë basaltrotsformasie Giant's Causeway wat deur Unesco as wêrelderfenisterrein gelys is.