Location via proxy:   [ UP ]  
[Report a bug]   [Manage cookies]                
Gaan na inhoud

Endoskopie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Endoskopie
Klassifikasie en eksterne bronne
’n Voorbeeld van ’n buigbare endoskoop.
’n Voorbeeld van ’n buigbare endoskoop.
MedlinePlus   003338
MeSH D004724
Mediese waarskuwing

Endoskopie beteken "om binne-in te kyk" en verwys gewoonlik na ’n ondersoek in die liggaam om mediese redes met behulp van ’n endoskoop, ’n instrument wat gebruik word om die binnekant van ’n hol orgaan of die opening van die liggaam te ondersoek. Anders as ander mediese beeldvormende toestelle, word ’n endoskoop direk in die orgaan gedruk.

Daar is baie soorte endoskope, en na gelang van die soort ondersoek of die orgaan wat ondersoek word, kan dit gebruik word deur ’n chirurg of ’n dokter, en kan die pasiënt verdoof of ten volle by sy bewussyn wees.

Komponente

[wysig | wysig bron]

’n Endoskoop kan bestaan uit:

  • ’n Stywe of buigbare buis.
  • ’n Ligverskaffingstelsel om die orgaan te verlig.
  • ’n Lensstelsel wat ’n beeld na die hanteerder herlei.
  • ’n Oogstuk.
  • Bykomende kanale vir mediese instrumente.

Die prosedure verg gewoonlik verdowing, wat sy eie risiko's inhou.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]